Jackie Blue
Deur
T. M. Bilderback
Vertaling Deur
Marlette Taljaard
This is a work of fiction. Similarities to real people, places, or events are entirely coincidental.
JACKIE BLUE - `N JUSTICE SEKURITEIT ROMAN
First edition. August 17, 2021.
Copyright © 2021 T. M. Bilderback.
Written by T. M. Bilderback.
10 9 8 7 6 5 4 3 2 1
Titel Blad Jackie Blue Deur T. M. Bilderback Vertaling Deur Marlette Taljaard
Copyright Page This is a work of fiction. Similarities to real people, places, or events are entirely coincidental. JACKIE BLUE - `N JUSTICE SEKURITEIT ROMAN First edition. August 17, 2021. Copyright © 2021 T. M. Bilderback. Written by T. M. Bilderback. 10 9 8 7 6 5 4 3 2 1
Jackie Blue - `n Justice Sekuriteit Roman (Justice Security, #3) Inhoudsopgawe Hoofstuk 01 Hoofstuk 02 Hoofstuk 03 Hoofstuk 04 Hoofstuk 05 Hoofstuk 06 Hoofstuk 07 Hoofstuk 08 Hoofstuk 09 Hoofstuk 10 Hoofstuk 11 Hoofstuk 12 Hoofstuk 13 Hoofstuk 14 –––––––– OOR DIE OUTEUR T.M. Bilderback is ‘n voormalige radio aanbieder met ‘n klomp stories wat rondhardloop in sy kop, meestal gebaseer op, of geïnspireer deur klassieke liedere. Die outeur woon tans in Tennessee en skryf koorsagtig om al die stories uit te kry in boekvorm voor hulle hom skreeuend in die straat af dryf. Outeurs Nota: Terwyl ek probeer om elkeen van die Justice Sekuriteit romanne as ‘n storie op sy eie te skryf, is dit soms nie moontlik nie. Dele van die vorige romanne speel voort in ander. Terwyl Jackie Blue op sy eie geniet kan word, is die storielyn sterker indien u die eerste boek in die reeks, Mamma het gesê bly tuis! ook gelees het. Indien u die eerste boek gelees het sal u die kontinuïteit geniet. Indien nie, sal u die storie op eie meriete geniet. Meeste van alles, bedank ek u dat u gekies het om hierdie boek te lees. - T.M. Bilderback
Hoofstuk 01
Hoofstuk 02
Hoofstuk 03
Hoofstuk 04
Hoofstuk 05
Hoofstuk 06
Hoofstuk 07
Hoofstuk 08
Hoofstuk 09
Hoofstuk 10
Hoofstuk 11
Hoofstuk 12
Hoofstuk 13
Hoofstuk 14
Hoofstuk 15
Inhoudsopgawe
Hoofstuk 01
Hoofstuk 02
Hoofstuk 03
Hoofstuk 04
Hoofstuk 05
Hoofstuk 06
Hoofstuk 07
Hoofstuk 08
Hoofstuk 09
Hoofstuk 10
Hoofstuk 11
Hoofstuk 12
Hoofstuk 13
Hoofstuk 14
––––––––
OOR DIE OUTEUR
T.M. Bilderback is ‘n voormalige radio aanbieder met ‘n klomp stories wat rondhardloop in sy kop, meestal gebaseer op, of geïnspireer deur klassieke liedere. Die outeur woon tans in Tennessee en skryf koorsagtig om al die stories uit te kry in boekvorm voor hulle hom skreeuend in die straat af dryf.
Outeurs Nota:
Terwyl ek probeer om elkeen van die Justice Sekuriteit romanne as ‘n storie op sy eie te skryf, is dit soms nie moontlik nie. Dele van die vorige romanne speel voort in ander. Terwyl Jackie Blue op sy eie geniet kan word, is die storielyn sterker indien u die eerste boek in die reeks, Mamma het gesê bly tuis! ook gelees het. Indien u die eerste boek gelees het sal u die kontinuïteit geniet. Indien nie, sal u die storie op eie meriete geniet. Meeste van alles, bedank ek u dat u gekies het om hierdie boek te lees.
- T.M. Bilderback
Vincent Lambosa het sy werk geniet.
Vincent was ‘n toepasser vir die Giambini mafia in die stad. Hy het begin toe hy sestien was as ‘n nommers naeler vir ‘n plaaslike beroepswedder. By geleentheid sou die beroepswedder Vincent stuur na ‘n ander man om skuldenaars om ‘betaling opsies’ met hulle te bespreek.
Vincent het homself heel aktief toegespits in sy werk, wat ‘n resultaat van amper een honderd persent ‘kollekte’ rekord beteken het. Hierdie perfekte rekord het die aandag getrek van mense hoër op in die organisasie. Hierdie mense het begin om ‘n oog op Vincent te hou.
Toe Vincent agtien geword het, is hy genooi om Leo Lesko te ontmoet. Lesko was in beheer van ‘n lys beroepswedders in die organisasie, wat hom Vincent se baas se baas gemaak het.
Vincent het Leo ontmoet by een van die tafels in ‘n McFeely’s wat geleë is in Derde Straat. McFeely’s, ook verwys na as “McFeelme’s” in hierdie straat, was bekend daarvoor om hardehout te bedien aan nog harder klante en was al in dieselfde winkel vir vyftien jaar teen die tyd van die ontmoeting. Derde Straat het ‘n agterstraat geraak en het net begin om sy bynaam “Hooker Hollow” te kry.
“Vincent,” het Lesko gesê, en vir hom gewys om te sit. “Dankie dat jy gekom het.”
Vincent het sy erkenning geknik en oorkant Lesko gaan sit.
“Ek sal tot die punt kom, Vincent. Ons dink jou baas skep so ‘n bietjie ekstra vir homself uit die room.”
“Ek weet niks daarvan af nie, Mnr. Lesko.”
Lesko het geknik. “Ons weet jy weet nie, Vincent.” Hy het bier gedrink, dit neergesit en aangegaan. “Wat ons nodig het is dat jy soort van jou oë oop hou vir ons. Ons wil hê jy moet jou baas observeer, kyk vir enigiets ongewoon, en ons laat weet wat jy sien. Kan jy dit vir ons doen, Vincent?”
Lesko het gekyk hoe Vincent die moontlikhede in sy kop ronddraai. As hy dadelik weier om die versoek na te kom, sal sy lewe nie ‘n nikkel werd wees nie. As hy instem om te doen wat Lesko vra, en dan niks opvolg nie ... selfde resultaat. As hy valse inligting rapporteer, en Lesko vind uit daarvan, sal sy lewe weereens niks werd wees nie. Maar ... as hy doen wat hy gevra is om te doen ... sal hy vertrou word en kan hy die leer begin klim in die organisasie.
“Seker, Mnr. Lesko,” het Vincent geantwoord. “Ek kan dit doen. Waarvoor moet ek uitkyk? En hoe kry ek dit by u?” Lesko het hom ingelig.
***
VINCENT HET DIE VOLGENDE vier weke sy baas dopgehou. Hy het agtergekom dis nie so maklik om te kyk sonder dat hy homself weggee nie, maar hy het gekyk ... en gekyk.
Uiteindelik, het hy gesien wat Lesko hom gevra het om voor uit te kyk ... en dit het hom teleurgestel. Hy het gedink – of eerder gehoop – dat sy baas ‘n eerlike skurk is.
Hy het ‘n tiekieboks gesoek en die nommer gebel wat Lesko hom gegee het. Hy was verras dat Lesko self geantwoord het.
“Lesko.”
“Mnr. Lesko, dis Vincent Lambosa.”
“Vincent!” Vincent kon die glimlag in Lesko se stem hoor. “Dis goed om van jou te hoor ... of miskien nie.”
“Mnr. Lesko. Ek weet nie of dit goed is of nie. Ek het hom dopgehou, soos u gevra het. Ek het dit sien gebeur – wat u my vertel het om voor uit te kyk. Ek het hom gesien.”
Читать дальше