1 ...6 7 8 10 11 12 ...15 Natuurlik het die Koning volmag gehad. Maar sy koninkryk was ‘n liberale een, en sy voorvaders het trots daarin geneem om die edeles toe te laat om ‘n sê te hê in sake, wat deur hulle verteenwoordiger deurgevoer word. Dit was histories ‘n ongemaklike magstryd tussen die koningskap en die edeles. Nou was daar harmonie, maar gedurende ander tye was daar opstande en magstryde tussen die edeles en die koninklikes. Dit was ‘n dun balans.
Terwyl sy oë oor die kamer gaan, let hy op dat iemand nie teenwoordig was nie: die een man met wie hy die graagste wou praat---Argon. Soos gewoontlik, is sy kom en gaan onvoorspelbbaar. Dit het MacGil woedend gemaak, maar hy het geen keuse as om dit te aanvaar nie. Die maniere waarop Druide dinge doen was onverklaarbaar vir hom. Sonder hom daar, is MacGil selfs haastiger. Hy wou hierdeur kom, en by die duisend ander dinge uitkom voor die troue.
Die groep raadgewers sit voor hom om die half-sirkel tafel, uitgesprei met tien meter tussen elk, elkeen in ‘n stoel van antieke eikeboom met indrukwekkende uitgekerfte hout armleunings. “My Heer, as ek mag begin,” roep Owen uit.
“Jy mag. En hou dit kort. Ek het min tyd vandag.”
“Jou dogter sal vandag baie geskenke ontvang, wat ons hoop sal al haar koffers vul. Die duisende mense wat gaan eer betoon, wat persoonlik aan jou gaan geskenke bring, en ons bordele en taphuise gaan vul, gaan ons koffers ook vul. Nietemin gaan die voorbereings vir vandag se feesvieringe ook ‘n groot deel van ons koniklike skatkamer gebruik. Ek stem voor dat ons belasting van die mense verhoog en van die edeles. ‘n Eenmalige belasting, om alle druk te verminder van die geleentheid.
MacGil sien die kommer op sy tesourier se gelaat, en sy moed sak met die gedagte van die vermindering van die skate. Nietemin sal hy nie die belastings verhoog nie.
“Dit is beter om ‘n swak skatkamer te hê en lojale onderdane,” antwoord MacGil. “Ons rykdom kry ons deur die geluk van ons onderdane. Ons sal dit nie verhoog nie.”
“Maar my Heer, as ons nie---“
“Ek het klaar besluit. wat nog?”
Owen sak terug, bekaf.
“My koning,” sê Brom in sy diep stem. “Met u opdrag, het ons die meerderheid van ons magte in die hof geplaas vir vandag se gebeurtenis. Die vertoon van mag sal indrukwekkend wees. Maar ons is yl gesaai. As daar ‘n aanval elders in die koninkryk sou wees, sal ons kwesbaar wees.”
MacGil knik, en dink daaroor na.
“Ons vyande sal ons nie aanval terwyl ons hulle voed nie.”
Die mans lag.
“Enige nuus van die Hooglande af?”
“Daar is nog geen aktieviteit gerapporteer vir weke nie. Dit wil voorkom asof hulle die magte teruggetrek het in voorbereiding van die troue. Miskien is hulle gereed om vrede te maak.”
MacGil was nie so seker nie.
“Dit beteken dat die gereelde huwelik werk, of dat hulle ‘n aanval beplan vir ‘n ander geleentheid. En watter een dink jy is dit, ou man?” vra MacGil, terwyk hy na Aberthol draai.
Albertol maak sy keel skoon, sy stem soos ‘n rasper waneer hy praat: “My Heer, jou pa en sy pa voor hom het nog nooit die McClouds vertrou nie. Net omdat hulle slapend is, beteken nie dat hulle nie gaan wakker word nie.”
MacGil knik, hy waardeer die redenasie.
“En wat van die Legioen?” vra hy, terwyl hy na Kolk draai.
“Ons het vandag die nuwe rekrute verwelkom,” antwoord Kolk, met ‘n vinnige kopknik.
“Is my seun ook daar?” vra MacGil.
“Hy is trots tussen hulle, en dit is ‘n voortreflike seun.”
MacGil knik, draai dan na Bradaigh.
“En wat is die nuus van anderkant die aardtrog?”
“My Heer, ons partollies het weer pogings gesien om die aardtrog te oorkruis in die laaste weke. Daar mag tekens wees dat die Wilde besig is om te mobiliseer vir ‘n aanval.
‘n Gedempte gefluister versprei tussen die mans. MacGil voel hoe sy maag op ‘n knop trek met die gedagte. Die energie veld was ondeurdringbaar, nietemin, dit was nie ‘n goeie teken nie.
“En as daar ‘n volskaalse aanval sou wees?” vra hy.
“So lank as die skerm aktief is, het ons niks om te vrees nie. Die Wilde het nog nooit daarin geslaag om die aardtrog te oorkruis deur die eeue heen nie. Daar is geen rede om nou anders te dink nie.”
MacGil was nie so seker nie. ‘n Aanval van buite is al lank agterstallig, en hy kan help om te wonder waneer dit sou gebeur nie.
“My Heer,” sê Firth is sy nasale stem, “Ek voel verplig om by te voeg dat ons hof vandag gevul is met baie hooggeplaastes van die McCloud koninkryk. Dit sal gesien word as ‘n belediging indien jy hulle nie onthaal nie, of hulle nou teenstanders is of nie. Ek stel voor dat jy gedurende die middag ure elkeen van hulle groet. Hulle het ‘n groot gevolg saamgebring, baie geskenke---en, die woord is, baie spioene.”
“Wie sê nie die spioene is reeds hier nie?” vra MacGil terug, terwyl hy noukeurig Frith se reaksie dophou---terwyl hy soos altyd wonder, of hy nie dalk self een is nie.
Firth maak sy mond oop om te antwoord, maar MacGill sug en hou sy hand omhoog, hy het genoeg gehad. “As dit al is, gaan ek nou, om by my dogter se troue aan te sluit.”
“My Heer,” sê Kelvin, terwyl hy sy keel skoonmaak, “natuurlik, daar is nog een ding. Die tradisie, op jou dogter se troudag. Elke MacGil het ‘n opvolger benoem. Die mense sal verwag dat jy dieselfde doen. Hulle gons daaroor. Dit sal nie wys wees om hulle teleur te stel nie. Veral nie met die Bestemming Swaard wat nog steeds onbeweeglik is nie.”
“Wil jy hê dat ek my opvolger benoem terwyl ek nog in my fleur is?” vra MacGil.
“My Heer, ek bedoel geen aanstoot nie,” stamel Kelvin, tewyl hy bekommerd lyk.
MacGil hou sy hand omhoog. “Ek ken die tradisie. En Inderdaad, ek sal vandag een benoem.”
“Kan jy ons inlig wie dit sou wees?” vra Firth.
MacGil staar hom verergd aan. Firth was ‘n skindertong, en hy het die man nie vertrou nie.
“Julle sal die nuus hoor as die tyd aanbreek.”
MacGil staan op, en die ander saam met hom. Hulle buig, draai om, en haas uit die kamer uit.
MacGil staan en dink vir ‘n tydperk wat hy self nie eens weet hoe lank nie. Op dae soos vandag wens hy dat hy nie koning was nie.
*
MacGil klim van sy troon af, sy stewels eggo in die stilte, en loop deur die kamer. Hy maak self die antieke eike deur oop, pluk aan die staal handvatsel, en gaan by ‘n kant kamer in.
Hy geniet die stilte en vrede van hierdie knussige vertrek, soos altyd vantevore, die mure skaars twintig tree in elke rigting, maar nietemin met ‘n yslike hoë, geboogte plafon. Die vertrek is net uit klip gemaak, met ‘n klein ronde vlek-glas venstertjie op een muur. Die lig stroom in deur die glas se gele en rooi’s, in beligting van die enkele voorwerp in die andersins kaal vertrek.
Die Bestemming Swaard.
Daar is dit, in die middel van die vertrek, dit lê horisontaal op yster penne, soos ‘n verleidster. Soos hy van kleintyd af doen, loop MacGil nader aan dit, ondersoekend. Die Bestemming Swaard. Die swaard van legende, the oorsprong van die magte en kragte van sy hele koninkryk, van een generasie na die volgende. Wie ookal die krag het om die swaard op te lig sal die Verkose Een wees, die een wat bestem is om oor die koninkryk te heers vir lewenslank, om die koninkryk te bevry van alle bedreigings, binne en buite die Sirkel. Dit was ‘n fantastiese legende om mee op te groei, en so gou as wat hy as Koning aangestel was, het MacGil self probeer om die swaard te lig, aangesien net die MacGil konings mag probeer het. Die konings voor hom, almal van hulle, het ook gefaal. Hy was seker dat hy anders sou wees. Hy was seker dat hy Die Een sou wees.
Maar hy was verkeerd. Soos al die MacGil konings voor hom. En sy mislukking het ‘n klad gemaak op sy heerskappy van daardie tyd af.
Читать дальше