Morgan Rice - ‘n Soeke van Helde

Здесь есть возможность читать онлайн «Morgan Rice - ‘n Soeke van Helde» — ознакомительный отрывок электронной книги совершенно бесплатно, а после прочтения отрывка купить полную версию. В некоторых случаях можно слушать аудио, скачать через торрент в формате fb2 и присутствует краткое содержание. Жанр: unrecognised, . Описание произведения, (предисловие) а так же отзывы посетителей доступны на портале библиотеки ЛибКат.

  • Название:
    ‘n Soeke van Helde
  • Автор:
  • Жанр:
  • Год:
    неизвестен
  • ISBN:
    нет данных
  • Рейтинг книги:
    3 / 5. Голосов: 1
  • Избранное:
    Добавить в избранное
  • Отзывы:
  • Ваша оценка:
    • 60
    • 1
    • 2
    • 3
    • 4
    • 5

‘n Soeke van Helde: краткое содержание, описание и аннотация

Предлагаем к чтению аннотацию, описание, краткое содержание или предисловие (зависит от того, что написал сам автор книги «‘n Soeke van Helde»). Если вы не нашли необходимую информацию о книге — напишите в комментариях, мы постараемся отыскать её.

Die Towenaar se Sirkel het al die bestanddele vir 'n onmiddellike sukses: sameswerings, teën-sameswerings, raaisels, dapper ridders, en ontluikendede verhoudings oorlaai met gebroke harte, misleiding en verraad. Dit sal sorg vir ure se vermaak, en geskik vir alle ouderdomme. Aanbeveel vir die permanente biblioteek van al fantasie lesers. Books En Movie Reviews, Roberto MattosDie #1 Besverkoper, met meer as 500 vyf ster resensies op Amazon! Van #1 Besverkoper skrywer Morgan Rice kom die debuut van ‘n skitterende nuwe fantasie reeks. ‘N SOEKE VAN HELDE (Boek #1 IN DIE TOWENAAR SE SIRKEL) handel oor die epiese mondigwording verhaal van een spesiale seun, ʼn veertien jarige van ‘n klein dorpie op die buitewyke van die Koninkryk van die Ring. Die jongste van vier, die minste gunsteling van sy pa, gehaat deur sy broers, Thorgrin besef dat hy anders is as die ander. Hy droom daarvan om ʼn groot vegter te word, om by die Koning se manne aan te sluit en die Sirkel te beskerm teen die hordes kreature aan die ander kant van die aardtrog. Met sy mondigwording en verbied deur sy pa om te probeer aansluit by die Koning se Legioen, weier hy om nee te aanvaar as antwoord: hy vertrek alleen, vasbeslote om sy weg te dwing tot in die Koning se Hof en ernstig opgeneem te word. Die Koning se Hof wêmel met sy eie familie dramas, magstryd, ambisies, jaloesie, geweld en verraad. Koning MacGil moet ‘n opvolger kies tussen sy kinders, en die antieke Bestemmings Swaard, die bron van al hulle mag, is steeds onaangeraak, wagtend vir die geskose een om op te daag. Thorgrin daag op as ‘’n buitestaander en veg om aanvaarding, en om by die Koning se Legioen aan te sluit. Thorgrin kom tot die besef dat hy geheimsinnige kragte besit wat hy nie verstaan nie, dat hy oor n spesiale geskenk beskik, en ‘’n spesiale bestemming het. Teen alle verwagtinge in raak hy verlief op die koning se dogter en soos hulle verbode liefde ontluik, besef hy dat hy kragtige teenstaanders het. In sy stryd om sin te maak van sy kragte, neem die koning se towenaar hom onder sy vlerk en vertel hom van ‘n moeder wat hy nooit geken het nie, in ‘n land ver weg, anderkant die aardtrog, selfs anderkant die land van die Drake. Voor Thorgrin kan onderneem om uit te gaan en die vegter te word waarna hy hunker, moet hy sy opleiding voltooi. Dit mag egter kortgeknip word, waneer hy aangedrewe word te midde van koningklike sameswerings en teen sameswerings, die tipe wat sy liefde kan bedreig en hom ten gronde laat---en die hele koningkryk met hom. Met sy gesofistikeerde wêreld-bou en karakteriseering, is ‘n SOEKE VAN HELDE, ‘n epiese verhaal van vriende en verliefdes, van mededingers en minnaars, van ridders en drake, van intriges en politieke gekonkel, van mondigwording, van gebroke harte, van misleiding, ambisie en verraad. Dit is n verhaal van eer en moed, van lot en bestemmings, van towery. Dit is ‘n fantasie wat ons in ‘n wêreld inneem wat ons nooit sal vergeet nie en wat verwelkom sal word deur alle ouderdomme en geslagte. Dit is 82, 000 woorde. Boeke #2--#17 in die reeks is ook nou beskikbaar! (N) vermaaklike epiese fantasie. -Kirkus Resensies Die begin van iets merkwaardig is daar. San Francisco Boek Resensie Aksie-belaai.. Rice se skrywe is solied en die uitgangspunt interessant. Uitgewers Weekliks n Begeesterde fantasie.. dit is net die begin van wat belowe om ‘n epiese jong volwasse reeks te wees. -Midweste Boek Resensie

‘n Soeke van Helde — читать онлайн ознакомительный отрывок

Ниже представлен текст книги, разбитый по страницам. Система сохранения места последней прочитанной страницы, позволяет с удобством читать онлайн бесплатно книгу «‘n Soeke van Helde», без необходимости каждый раз заново искать на чём Вы остановились. Поставьте закладку, и сможете в любой момент перейти на страницу, на которой закончили чтение.

Тёмная тема
Сбросить

Интервал:

Закладка:

Сделать

Terwyl hy dit nou aanstaar, ondersoek hy die lang lem, wat gemaak is uit ‘n misterieuse metaal wat niemand nog ooit kon ontsyfer nie. Die oorsprong van die swaard was self meer obskuur, met gerugte dat dit opgestyg het uit die aarde ten midde van ‘n aardbewing.

Terwyl hy dit ondersoek, voel hy weereens die steek van mislukking. Hy mag dalk ‘n goeie koning wees, maar hy was nie Die Een nie. Sy mense het dit geweet. Sy vyande het dit geweet. Hy mag ‘n goeie koning wees, maar maak nie saak wat hy doen nie, hy sal nooit Die Een wees nie.

As dit hy was, vermoed hy sou daar minder onrus ten midde van sy hof gewees het, minder sameswerings. Sy eie mense sou meer vertroue in hom gehad het en sy vyande sou nooit eens ‘n aanval oorweeg het nie. ‘n Deel van hom wens dat die swaard net verdwyn, en die legende saam met dit. Maar hy weet dit sal nie. Dit was die vloek—en die mag---van ‘n legende. Sterker selfs, as ‘n hele weermag.

Terwyl hy dit aanstaar vir die duisendste keer, kon MacGil nie help om te wonder wie dit sou wees nie. Wie in sy bloedlyn sal bestem wees om dit te swaai? Terwyl hy dink aan wat voorlê, sy plig om sy opvolger te benoem, wonder hy wie, indien enige, bestem sal wees om dit uit te lig.

“Dit is die gewig van die lem wat swaar is,” kom ‘n stem.

McGil tol om, verras om geselskap te hê in die klein vertrekkie.

Daar, in die deuropening, staan Argon. MacGil het die stem herken voor hy hom gewaar het en was geïriteerd omdat hy nie vroeër opgedaag het nie, maar terselfdertyd bly dat hy nou hier was.

“Jy is laat.” sê MacGil.

“Jou sin van tyd is nie op betrekking van my nie,” antwoord Argon.

MacGil draai terug na die swaard.

“Het jy ooit gedink ek sou dit kon uitlig?” vra hy in nadenking. “Die dag toe ek Koning geword het?”

“Nee,” Antwoord Argon hom plat-weg.

MacGil draai om en staar hom aan.

“Jy het geweet ek sou nie kon nie.Jy het dit gesien, het jy nie?”

“Ja.”

MacGil dink daaroor na.

“Dit maak my bang wanneer jy my so direk antwoord. Dit is nie hoe jy is nie.”

Argon bly stil, en uiteindelik besef MacGil dat hy niks meer sou sê nie.

“Ek benoem my opvolger vandag,” sê MacGil. “Dit voel nutteloos, om ‘n opvolger te benoem vandag. Dit vat die vreugde weg van ‘n koning om sy kind se troue te geniet.”

“Miskien is sulke vreugde bedoel om gedemper te word.”

“Maar ek het dan soveel jare oor om te heers.” Kom dit pleitend van MacGil.

“Miskien nie soveel as wat jy dink nie,” Antwoord Argon.

MacGil se oë vernou en hy wonder. Was dit ‘n boodskap?

Maar Argon sê niks verder nie.

“Ses kinders. Wie moet ek kies?” vra MacGil.

“Hoekom vra jy my? Jy het alreeds jou keuse gemaak.”

MacGil kyk na hom. “Jy sien baie. Ja, ek het. Maar ek wil steeds weet wat jy dink.”

“Ek dink jy het ‘n wyse keuse gemaak,” sê Argon. “Maar onthou: ‘n koning kan nie heers vanuit sy graf nie. Maak nie saak wie jy dink jy het gekies nie, die noodlot het ‘n manier om self te kies.”

“Sal ek leef, Argon?” vra MacGil ernstig, hy vra die vraag wat hy wou vra sedert hy gisteraand wakker geword het van ‘n skrikwekkende nagmerrie.

“Ek het gisteraand van ‘n kraai gedroom,” voeg hy by. “Dit het gekom en my kroon gesteel. Toe het ‘n ander een gekom en my weggedra. Soos hy dit gedoen het, het ek my koninkryk uitgespei onder my gesien. Dit het swarter geword soos ons beweeg. Bar. ‘n Vervalle woestyn.”

Hy kyk op na Argon, sy oë watering.

“Was dit ‘n droom? Of iets meer?”

“Drome het altyd meer betekenis, nie waar nie?” vra Argon.

MacGil voel hoe hy getref word met ‘n sinkende gevoel.

“Waar is die gevaar? Vertel my net dit.”

Argon stap nader en staar in sy oë met diep intensiteit, soveel so dat MacGil voel asof hy in ‘n ander wêreld inkyk.

Argon leun vorentoe, fluisterend:

“Altyd nader as wat jy dink.”

HOOFSTUK VIER

Thor versteek homself in die hooi agter op ‘n wa terwyl dit pad af stoei op die landelike pad. Hy het sy weg gebaan na die pad gedurende die aand en ongeduldig gewag vir ‘n wa wat groot genoeg is sodat hy nie opgemerk word nie. Dit was toe reeds donker en die wa het stadig genoeg beweeg sodat hy kon spoed vang en agterop spring. Hy het binne-in die hooi beland en homself goed begrawe. Gelukkig het die bestuurder niks opgemerk nie. Thor was nie seker of die wa wel na die Koning’s Hof toe gaan nie, maar dit het in daardie rigting beweeg, en ‘n wa van dié grootte, en met dié merke, kon nie juis iewers anders oppad wees nie.

Terwyl Thor dwarsdeur die nag ry, bly hy wakker vir ure, hy dink na oor sy ontmoeting met die Sybold. En met Argon. Aan sy bestemming. Aan sy vorige tuiste, Sy moeder. Hy voel dat die heelal hom geantwoord het, hom vertel het dat hy ‘n ander bestemming het. Hy lê daar met sy hande gekruis agter sy kop, en staar op na die stêr belaaide naghemel, sigbaar deur die verflenterde seil. Hy kyk na die hemelruim, so helder, diie rooi sterre ver weg. Hy was opgewonde. Vir die eerste keer in sy lewe, was hy op ‘n reis. Hy weet nie waarheen nie, maar hy gaan. Een of ander manier gaan hy sy weg baan na die Koning’s Hof.

Wanneer Thor sy oë oopmaak, is dit oggend, die lig stroom deur, en hy besef hy het aan die slaap geraak. Hy sit vining orent, kyk om hom heen, baklei met himself omdat hy geslaap het. Hy moes meer versigtig wees---hy was gelukkig da thy nie ontdek was nie.

Die wa beweeg steeds, maar het nie meer so erg geskud nie. Dit kan net een ding beteken: ‘n beter pad. Hulle moet naby ‘n stad wees. Thor kyk af en sien hoe glad die pad was, geen rotse, slote, en bedek met fyn wit skulpies. Sy hart klop vinniger; hulle nader die Koning’s Hof.

Thor kyk agter by die wa uit en was oorweldig. Die onbesrispelike strate was belaai met aktiwiteit. Dosyne waens, van alle vorms and grotes en gelaai met allerhande goed, vul die strate. Een was belaai met pelse, n ander met matte, en ‘n ander met hoenders. Tussen hulle loop honderde verkopers, party lei beeste, ander dra mandjies bo-op hulle koppe. Vier mans dra ‘n bondel sy, terwyl dit gebalanseer is op pale. Daar was ‘n magdom mense, almal beweeg in dieselfde rigting.

Hy hoor ‘n harde geraas, die kruin van kettings, die kap van ‘n groot stuk hout, so sterk dat die aarde skud. Oomblike later kom ‘n ander geluid, van perdepote wat klik op hout. hy kyk af en besef hulle is besig om ‘n brug oor te steek; onder hulle is ‘n sloot. ‘n Valbrug.

Thor steek sy kop uit en sien die massiewe steen pilare, die gespeekte staal hek bokant hom. Hulle gaan deur die Koning se Hek.

Dit was die grootste hek wat hy nog ooit gesien het. Hy kyk na die speke, verwonderend dat indien hulle sou afkom, dit hom middeldeur sou sny. Hy merk vier van die Koning se Silwer op waar hulle die ingang bewaak, en sy hart klop vinniger.

Hulle gaan deur ‘n lang klip tonnel, en oomblikke later is die lug weer helder bo. Hulle was binne die Koning’s Hof.

Thor kon dit skaars glo. Daar was selfs meet aktiwiteit hier, indien moontlik---dit lyk soos duisende mense, almal malend in ‘n ander rigting. Daar was groot grasvelde, perfek gesny, met blomme wat oral bloei. Die pad word brëer, en aan die kante was stalletjies, verkopers en klip geboue. En tussen dit alles deur, die Koning se manne. Soldate, uitgerus in hulle wapenrustings. Thor is daar.

In sy opgewondenheid, gaan staan hy onwetend op; en terwyl hy opkom, op daardie oomblik stop die wa skielik, hy tuimel agteroor en val op sy rug in die strooi. Voor hy weer kon opkom, was daar ‘n geluid soos hout wat gesak word, en hy kyk op en sien ‘n kwaai ou man, bles, aangetrek in vodde en fronsend. Hy reik na binne, gryp Thor aan die enkels met sy benerige hande, en sleep hom uit.

Читать дальше
Тёмная тема
Сбросить

Интервал:

Закладка:

Сделать

Похожие книги на «‘n Soeke van Helde»

Представляем Вашему вниманию похожие книги на «‘n Soeke van Helde» списком для выбора. Мы отобрали схожую по названию и смыслу литературу в надежде предоставить читателям больше вариантов отыскать новые, интересные, ещё непрочитанные произведения.


Отзывы о книге «‘n Soeke van Helde»

Обсуждение, отзывы о книге «‘n Soeke van Helde» и просто собственные мнения читателей. Оставьте ваши комментарии, напишите, что Вы думаете о произведении, его смысле или главных героях. Укажите что конкретно понравилось, а что нет, и почему Вы так считаете.

x