Dit het egter nie beteken dat daar geen bedreiging aan die binnekant van die sirkel was nie. En dit was wat MacGil snags wakker gehou het. Dit was inderdaat die doel van die dag se feesvieringe: die huwelik van sy oudste dogter. ‘n Huwelik wat spesifiek gereël is om sy vyande tevrede te stel, om die brose vrede tussen die Oostelike en die Westelike Koninkryke van die Sirkel te bewaar. Terwyl die Sirkel ongeveer vyf-honderd myl strek in elke rigting, was dit in die middle verdeel deur ‘n bergreeks. Die Hooglande. Aan die ander kant van die Hooglande is die Oostelike Koninkryk, wat geheers word deur die ander helfte van die Sirkel. En hierdie koninkryk, vir eeue geheers deur hulle teenstanders, die McClouds, het nog altyd probeer om die brose vrede te verbreek met die MacGils. Die McClouds was misgenoegd, ontevrede met hulle toekoms, oortuig daarvan dat hulle grond minder vrugbaar was. Hulle het oor die Hooglande ook gestry, daarop aangedring dat die hele bergreeks aan hulle behoort, terwyl helfte daarvan aan die MacGils behoort het. Hulle was bekend vir hulle grens onderonsies, en daar was geduring ‘n bedreiging van indringing.
Terwyl MacGil hieroor wonder, raak hy vererg. Die McClouds behoort gelukkig te wees; hulle was veilig in die Sirkel, beskermd deur die aardtros, hulle besit uigekose grond, en het niks on te vrees nie. Waarom kon hulle nie net tevrede wees met hulle eie helfte van die Sirkel nie? Dit was slegs omdat MacGil so ‘n sterk weermag gebou het, dat vir die eerste keer in die geskiedenis, sou die McClouds dit nie waag om hulle aan te val nie. Maar die wyse MacGil, het aangevoel dat alles nie rooskleurig was op die horison nie, he het geweet dat hierdie vrede nie sou hou nie. Daarom het hy hierdie huwelik gereël tussen sy oudste dogter en die oudste prins van die McClouds. En nou het die dag aangebreek.
Terwyl hy afkyk, sien hy voor hom uitgestrek die duisende onderdane almal geklee in helder kleurige uitrustings, wat vanuit die hele koninkryk uit in sypel, van beide kante van die Hooglande. bykand die hele Sirkel, stroom sy vesting binne. Hy het sy mense voorberei vir maande, die bevel gegee dat alles vooruitstrewend en sterk moet vertoon. Hierdie was nie net ‘n huweliksdag nie; dit was ook die geleentheid om ‘n boodskap oor te dra aan die McClouds.
MacGil vat ‘n opname van sy honderde soldate wat strategies langs die bolwerke gelyn staan, in die strate, by die mure langs, meer soldate as wat hy ooit sou nodig h strategies langs die bolwerke gelyn staan, in die strate, by die mure langs, meer soldate as wat hy ooit sou nodig hê---en hy voel tevrede. Dit was die toonbeeld van mag wat hy wou hê. Maar hy voel ook onrustig, die omgewing was belaai, ryp vir ’n onderonsie. Hy hoop dat geen oproermaker, versterk met alkohol, vanuit enige kant opvlam nie.
Hy kyk na die toernooi gronde, die speel gonde, en dink aan die dag wat voorlê, gevul met spele en toernooie en allerhande soorte feestigheid. Dit sou intens wees. Die McClouds sal sekerlik opdaag met hulle eie klein weermag, en elke toernooi, elke stoeigeveg, elke kompetisie, sal betekenis hê. As enigeen van hulle skeefloop, kon dit in ‘n geveg ontaard.
“My Koning?”
Hy voel ‘n sagte hand op syne en draai om na sy Koningin, Krea, steeds die mooiste vrou wat hy ooit geken het. Gelukkig getroud deur sy hele heerskappy, het sy geboorte gegee aan vyf kinders, drie van hulle seuns, en het nog nooit oor enigiets gekla nie. Boonop het sy, sy mees vertoue raadgewer geword. Soos die jare verby gegaan het, het hy geleer dat sy wyser was as enige van sy manne. Inderdaad, wyser as hy.
“Dit is ‘n politieke dag.” sê sy. “Maar ook ons dogter se troudag.Probeer om dit te geniet. Dit sal nie twee keer gebeur nie.”
“Ek was minder bekommerd toe ek niks besit het nie,” antwoord hy. “Noudat ons alles het, bekommer alles my. Ons is veilig. Maar ek voel nie veilig nie.”
Sy kyk na hom met barmhartige oë, groot en neutbruin; lyk hulle asof hulle al die wysheid van die wêreld inhou. Haar ooglede hang, soos altyd, gee dit die indruk van lomerigheid, en is ommraam deur haar pragtige, reguit bruin hare, met die tiksel grys daarin, wat beide kante van haar gesig omraam. Sy het n paar plooie, maar het niks verander nie.
“Dit is omdat jy nie veilig is nie,” sê sy. “Geen koning is veilig nie. Daar is meer spioene in ons hof as wat jy sou wou weet. En dit is maar die manier wat dinge is.”
Sy leun oor, soen hom en glimlag.
“Probeer dit geniet,” sê sy. “Na alles is dit steeds ‘n troue.”
Daarmee draai sy om en weg van die bolwerke af.
Hy kyk haar agterna, en draai dan terug en kyk uit oor sy hof. Sy was reg; sy was altyd reg. Hy wou dit geniet. Hy was lief vir sy oudste dogter, en dit was wel ‘n troue. Dit was die mooiste dag in die mooiste tyd van die jaar, lente in sy glorie, met die somer luierend, die twee sonne perfek, bome oral gevul met ‘n wye verskeidenhheid van kleurryke pink, pers, oranje en wit bloeisels.
Daar was niks wat hy graagter wou he as om af te gaan en by sy manne te sit, kyk hoe sy dogter trou, en liters bier drink tot hy nie meer kon nie. Maar, hy kon nie. Hy het ‘n lang lys pligte voor hy uit sy kasteel kon stap. Buitendien, die huweliksdag van ‘n dogter beteken verpligtinge vir ‘n koning: hy moet ‘n ontmoeting hê met sy raad; met sy kinders; en ‘n lang lys versoekers wat die reg het om die Koning te sien op hierdie dag. Hy sal gelukkig wees indien hy sy kasteel in tyd kan verlaat vir die sonondergangs seremonie.
*
MacGil, uitgevat in sy beste koninklike uitrusting, swart fluweel broek, ‘n goue gordel, ‘n koniklike mantel gemaak van die beste pers en goue sy, ‘n wit oorkleed, blink leer stewels wat opgaan tot by sy kuite, en met sy kroon---‘n swierige goue band met ‘n groot robyn in die middel---stap deur die kasteel gange, met knegte aan beide kante. Hy stap deur een vertrek na die ander laer af van die borswering, deur sy koniklike kamers, deur die geboogde gang, met die hoe plafonne en rye gevlekte glas. Uiteindelik bereik hy ‘n antieke eikehout deur, so dik soos ‘n boomstam, wat sy knegte oopmaak sodat hy kan binne gaan. Die Troon Kamer.
Sy raadgewers staan op aandag waneer MacGil binnekom en die deur agter hom toeslaan.
“Sit,” sê hy, meer kortaf as gewoontlik. Hy was moeg, veral op die dag, van al die eindelose formaliteite om die koninkryk te beheer, en wil dit verby kry.
Hy stap deur die Troon Kamer, wat nooit ophou om hom te beïndruk nie. Die plafonne rys vyftig meter hoog, die hele een muur ‘n vol paneel van gevlekte glas, die vloere en mure gemaak van klip wat ‘n meter dik is. Die kamer kon maklik ‘n honderd hoogeplaastes hanteer. Maar op dae soos vandag, waneer sy raad vergarder, was dit slegs hy en sy handvol raadgewers in die spelonkagtige montuur.
Met ‘n windmakerige stap gaan hy deur die opening, deur die middle af, reguit na sy troon. Hy klim teen die troon trappe op, verby die gekerfte goue leeus, en sak terug op die rooi fluweel kussing wat sy troon belyn, wat net betaan uit goud. Sy pa het op hierdie troon gesit, soos sy pa voor hom, en al die MacGils voor hom. Toe hy gaan sit, voel MacGil die gewig van sy voorvaders—van al die generasies—op hom toesak.
Hy doen ‘n opname van die raadgewers in die teenwoordigheid. Daar was Brom, sy grootste generaal en sy raadgewer op militêre sake; Kolk, die general van die seuns se Legioen; Aberthol, die oudste van die spul, ‘n leermeester en historikus, die mentor van konings deur drie generasies; Firth, sy raadgewer van binne sake van die hof, ‘n maêr mannetjie met kort, grys hare en uitgeholde oë wat altyd dwartel. Frith was nie die tipe wat MacGil nog ooit vertrou het nie, en kon ook nooit sin maak omtrent sy titel nie. Maar sy pa, en sy pa voor hom, het ‘n raadgewer van binne hof sake gehad, so hy gaan daarmee aan uit respek vir hulle. Daar was Owen, sy tesourier; Bradaigh, sy raadgewer op buitelandse sake; Earnan, sy belasting vergaarder; Duwayne, sy raadgewer oor die massas; en Kelvin, die verteenwoordiger van die edeles.
Читать дальше