Die gedierte vlieg deur die woud, tref ‘n boom en val inmekaar op die grond.
Thor staar, verdwaas. Het hy sopas ‘n Sybold gegooi?
Die ondier knip sy oë twee keer, en kyk na Thor. Staan op en storm hom weer.
Hierdie keer, toe die gedierte toesak, gryp Thor hom aan die keel. Hulle gaan altwee grond toe, die ondier bo-op Thor. Maar, Thor rol om en bo-op die ding. Thor hou vas, en wurg die ding met albei hande, terwyl die ondier sy kop probeer optel en na hom hap met sy slagtande. Hy het net gemis. Thor, met hernude krag, druk harder sonder om te laat gaan. Hy laat die energie deur hom pols. En binnekort, voel hy dat hy sterker as die gedierte is.
Hy was besig om die Sybold dood te wurg.
Thor het nie laat los vir ‘n volle minuut nie.
Hy kom stadig orent, uit asem uit, en staar af, groot-oog, terwyl hy sy gewonde arm vashou. Wat het nounet gebeur? Het hy, Thor sopas ‘n Sybold dood gemaak?
Hy voel dat dit ‘n teken is, vandag van alle dae. Hy voel asof iets gewigtigs gebeur het. Hy het sopas die mees befaamde en gevreesde ongedierte van die koninkryk dood gemaak. Alleen. Sonder ‘n wapen. Dit voel onwerklik. Niemand sal hom glo nie.
Hy voel die wêreld om hom tol terwyl hy wonder wat oor hom gekom het, wat dit beteken het, wie hy regtig was. Die enigste mense wat bekend is vir sulke krag was die Druide. Maar sy ma en pa was nie Druide nie, so hy kan nie een wees nie.
Of kon hy wees?
Waneer hy iemand agter hom aanvoel, spin Thor om, om Argon daar te sien staan, starend na die dooie dier.
“Hoe het jy hier gekom?” vra Thor verbaas.
Argon ignoreer hom.
“Het jy gesien wat gebeur het?” vra Thor, steeds verdwaas. “Ek weet nie hoe ek dit kon regkry nie.”
“Maar jy weet,” antwoord Argon. “Diep binne jou, weet jy. Jy is anders as die ander.”
“Dit was soos….. ‘n oplewing van krag,” sê Thor. “Soos ‘n krag wat ek nooit besef het ek besit nie.”
“Die energie bron,” sê Argon. “Een dag sal jy dit nog baie goed leer ken. Jy mag selfs leer om dit te beheer.”
Thor gryp sy skouer, die pyn was ongelooflik. Hy kyk af en sien sy hand is bedek met bloed. hy voel lighoofdig, bekommerd oor wat sal gebeur as hy nie hulp kry nie.
Argon neem drie tree vorentoe, reik uit, en gryp Thor se vry hand, en plaas dit ferm oor die wond. Hy hou dit daar, leun terug, en sluit sy oë.
Thor voel ‘n warm sensasie deur sy arm vloei. Binne sekondes, word die taai bloed op sy hand droog, en hy voel hoe sy pyn verdwyn.
Hy kyk af en kon dit nie verklaar nie: hy was genees. Al wat hy oorgehou het, is drie letsels waar die kloue hom gesny het---maar hulle was geseël en het gelyk soos ou wonde. Daar was glad nie meer bloed nie.
Thor kyk in verbasing na Argon. “Hoe het jy dit gedoen?” vra hy.
Argon glimlag.
“Ek het nie. Jy het. Ek het net jou kragte in die regte rigting gestuur.”
“Maar ek het nie hêlende kragte nie,” antwoord Thor, stom geslaan.
“Het jy nie?” antwoord Argon.
“Ek verstaan nie. Niks omtrent dit maak enigsins sin nie,” sê Thor met groeiende ongeduld.
“Asseblief, vertel my.”
Argon kyk anderpad.
“Sommige dinge moet jy met tyd leer.”
Thor dink oor iets na.
“Beteken dit dat ek by die Koning se Legioen mag aansluit?” vra hy, opgewonde. “Sekerlik, as ek ‘n Sybold kan vrek maak, sal ek my man kan staan teen die ander seuns.”
“Natuurlik kan jy,”antwoord hy.
“Maar hulle het my broers gekies---hulle het my nie gekies nie.”
“Jou broers sou nie hierdie gedierte kon vrek maak nie.”
Thor staar hom aan, ingedagte.
“Maar hulle het my alreeds verwerp. Hoe kan ek by hulle aansluit?”
“Van waneer af het ‘n vegter ‘n uitnodiging nodig?” vra Argon.
Sy woorde sink diep in. Thor kry ‘n gevoel van warmte wat oor hom spoel.
“Se jy ek moet net daar opdaag? Ongenooid?”
Argon glimlag.
“Jy is in beheer van jou bestemming. Nie ander nie.”
Thor knip sy oë---en ‘n oomblik later, was Argon weg. Weer.
Thor tol in die rondte, kyk in elke rigting, maar daar was geen teken van hom nie.
“Hierso!” kom die stem.
Thor draai en sien ‘n reuse rots voor hom. Hy voel aan dat die stem van bo af gekom het, en klouter dadelik teen die rots uit.
Toe hy bo kom, was hy verbaas dat daar geen teken van Argon was nie.
Van waar hy nou staan, kan hy egter bo-oor die boomtoppe van die Donkerwoud sien. Hy kon sien waar Donkerwoud eindig, sien hoe die tweede son sak in ‘n donker groen, en anderkant dit, die pad wat lei na die Koning se Hof.
“Die pad is joune om te volg.” kom die stem. “As jy dit wil waag.”
Thor het omgetol, maar sien niks. Dit was net ‘n stem wat eggo. Maar hy het geweet Argon was daar, iewers, besig om hom aan te por. En hy voel, diep binne hom, dat hy reg was.
Sonder om ‘n oomblik langer te huiwer, klouter Thor van die rots af en beweeg deur die bos in die rigting van die pad in die verte.
Naelloop na sy bestemming.
Koning MacGil---swaarlywig, breedborstig, met ‘n baard wat te dik is, grys lang hare om daarby te pas, ‘n breë voorkop wat geplooi is deur te veel gevegte---staan op die boonste bolwerk van sy kasteel, sy koningin langs hom, terwyl hy die die dag se ontluikende feestelikheid dophou. Sy koninklike grond lê uitgestrek onder hom in al hulle glorie, strek so ver as wat die blote oog kon sien, ‘n vooruitstrewende stad wat omring is met antieke rots fort. Koning’s Hof. Aanmekaar verbind deur n doolhof van kronkelende strate is die klip geboue van menige vorm en grote--- vir die krysmanne, vir die versorgers, die perde, die Silwer, die Legioen, die wagte, die kaserne, die wapens huis, die wapenskut----en tussen hierdie, was daar honderde tuistes vir die menigte van sy volgelinge wat verkies het om binne die stads mure te woon. Tussen hierdie strate strek hectare gras, koniklike yuine, steen-bedekte binnehowe, en vloeiende fonteine. Koning’s Hof is deur die eeue heen verbeter, eers deur sy vader, en sy vader voor hom---en is huidiglik op die kruin van sy glorie. Sonder twyfel, was dit nou die veiligste vesting binne die Westelike Koninkryk van die Sirkel.
MacGil was geseën met net die beste en mees lojale vegters wat enige koning nog ooit gehad het, en gedurende sy leeftyd, het niemand dit ooit gedurf om aan te val nie. As die sewende MacGil om die troon te betree, het hy dit goed behou gedurende gedurende sy twee en dertig jaar as heerser, en was ‘n goeie en wyse koning. Die land het goed vooruitgegaan in sy heerskappy. hy het sy weermag vedubbel, sy stede uitgebrei, vir sy mense belonings gegee, en nie ‘n enkele klagte sal onder sy mense gevind word nie. Hy was bekend as die vrygewige koning, en daar was nog nooit so ‘n periode van loning en vrede vandat hy die troon betree het nie.
Dit was presies wat MacGil snags gereeld wakker gehou het. Want MacGil het sy geskiedenis geken: deur die eeue heen, was daar nog not so ‘n lang tydperk sonder oorlog nie. Hy wonder nie meer of daar ‘n aanval sal wees nie---maar waneer. En deur wie.
Die grootste bedreiging was natuurlik van buite die Sirkel, van die magdom van wreedaards wat heers oor die afgeleë Wilde, waaraan al die mense buitekant die Sirkel onderwerp is, anderkant die aardtros. Vir MacGil, en die sewe generasies voor hom, het die Wilde nog nooit ‘n direkte bedreiging ingehou nie. Omdat sy koninkryk oor ‘n unieke geografie beskik, gevorm in ‘n perfekte kring---‘n sirkel---afgesny van die res van die wêreld deur ‘n diep afgrond wat ‘n myl weid strek, en beskerm was deur ‘n energie skild wat al aktief was sedert die eerste MacGil geheers het, het hulle min te vrese gehad van die Wilde af. Die wreedaards het al menig maal prober om hulle aan te val, om deur die skild ted ring, om die afgrond te oorkruis; maar was nog noit suksevol nie. So lank as wat hy en sy volgelinge binne die Sirkel bly, was daar geen bedreiging van buite nie.
Читать дальше