Gabriel Agbo - Die Krag Van Middernag Gebed

Здесь есть возможность читать онлайн «Gabriel Agbo - Die Krag Van Middernag Gebed» — ознакомительный отрывок электронной книги совершенно бесплатно, а после прочтения отрывка купить полную версию. В некоторых случаях можно слушать аудио, скачать через торрент в формате fb2 и присутствует краткое содержание. ISBN: , Жанр: foreign_religion, . Описание произведения, (предисловие) а так же отзывы посетителей доступны на портале библиотеки ЛибКат.

  • Название:
    Die Krag Van Middernag Gebed
  • Автор:
  • Жанр:
  • Год:
    неизвестен
  • ISBN:
    9788893987431
  • Рейтинг книги:
    5 / 5. Голосов: 1
  • Избранное:
    Добавить в избранное
  • Отзывы:
  • Ваша оценка:
    • 100
    • 1
    • 2
    • 3
    • 4
    • 5

Die Krag Van Middernag Gebed: краткое содержание, описание и аннотация

Предлагаем к чтению аннотацию, описание, краткое содержание или предисловие (зависит от того, что написал сам автор книги «Die Krag Van Middernag Gebed»). Если вы не нашли необходимую информацию о книге — напишите в комментариях, мы постараемся отыскать её.

Hierdie boek, ‘Die Krag van Middernag Gebed’, sal beslis een van die omvattendste en kragtigste boeke oor geestelike oorlogvoering wees. Die titel-keuse kom van ʼn rykdom van ervaring, skrikwekkende getuienisse en belydenisse, en ʼn deeglike studie van die woord van God. Dit is inderdaad ʼn baie ryk en goed nagevorste werk. Dit is deur menigte as ʼn ongelooflike boek beskryf. In hierdie boek sal jy leer van die enorme, maar nie ten volle benut, geestelike krag wat in die gebede wat tussen 11:00nm en 3:00vm gebid word lê. Weet jy genoeg van die eksplosiewe mag van lofprysing, gebed en vas? Weet jy watter rolle die engele van God, die Gees van God en die vuur van God in ons oorlog teen die koninkryk van duisternis speel? Jy sal ook lees van die kolossale, vernietigende impak wat die naam en bloed van Jesus in Satan se koninkryk het – direk uit die monde van voormalige okkult meesters. Wat gebeur wanneer Satan en sy demone in kontak kom met die twee kragtigste elemente in die heelal? Hierdie boek, ‘Die Krag van Middernag Gebed’, sal beslis een van die omvattendste en kragtigste boeke oor geestelike oorlogvoering wees. Die titel-keuse kom van ʼn rykdom van ervaring, skrikwekkende getuienisse en belydenisse, en ʼn deeglike studie van die woord van God. Dit is inderdaad ʼn baie ryk en goed nagevorste werk. Dit is deur menigte as ʼn ongelooflike boek beskryf. In hierdie boek sal jy leer van die enorme, maar nie ten volle benut, geestelike krag wat in die gebede wat tussen 11:00nm en 3:00vm gebid word lê. Weet jy genoeg van die eksplosiewe mag van lofprysing, gebed en vas? Weet jy watter rolle die engele van God, die Gees van God en die vuur van God in ons oorlog teen die koninkryk van duisternis speel? Jy sal ook lees van die kolossale, vernietigende impak wat die naam en bloed van Jesus in Satan se koninkryk het – direk uit die monde van voormalige okkult meesters. Wat gebeur wanneer Satan en sy demone in kontak kom met die twee kragtigste elemente in die heelal? Waarom het Satan gedurende ʼn vergadering uit sy stoel uit geval omdat die naam van Jesus genoem was? Weet jy van die vyand se oorlog strategieë teen die kerk, Christene en predikante? Hoe breek hy predikante van die evangelie af of nog erger, hoe vermoor hy hulle soms? Wie is die agente van die donker koninkryk in die kerk? Watter rol moet die gebedstryders speel? Wat is die belang van die koninkryk van Satan in menslike vlees en bloed? Hoekom moet mense geoffer word in die okkult wêreld? Jy sal oor verskeie verhale van voormalige agente van Satan, en selfs van die media, lees oor die opoffering van mense en ander skrikwekkende gebruike wat nie gepubliseer mag word nie. Waarom sal ʼn vrou die oë van ʼn kruipende baba verwyder, haar slag, met die baba se gehuil en gekreun in haar ore, en dan die baba eet? Wat doen die okkult met seks? Kan bose geeste, verbonde en vloeke deur seks oorgedra word? Waarom sal ʼn man met ʼn klein seuntjie slaap en hom forseer om ʼn slang te eet, net om mag, rykdom en posisie te bekom? Jy sal ook lees oor ander eksplosiewe onderwerpe soos worsteling met God, binding en losmaking, breek van die poorte, oop deure, die volle wapenrusting van God, en die poorte van die hemel en hel. Die 21 kragtige hoofstukke van hierdie boek sal jou sekerlik aan die brand steek vir God. Ek is seker dat jy nog nooit vantevore so iets gelees het nie.

Die Krag Van Middernag Gebed — читать онлайн ознакомительный отрывок

Ниже представлен текст книги, разбитый по страницам. Система сохранения места последней прочитанной страницы, позволяет с удобством читать онлайн бесплатно книгу «Die Krag Van Middernag Gebed», без необходимости каждый раз заново искать на чём Вы остановились. Поставьте закладку, и сможете в любой момент перейти на страницу, на которой закончили чтение.

Тёмная тема
Сбросить

Интервал:

Закладка:

Сделать

Daar is niks wat onmoontlik is vir ʼn mens wie bid nie. Gebed is ook om te alle tye te erken dat God jou bron is. Hy moet in die klein sowel as die belangrike kwessies geraadpleeg word. Hy wil gemeenskap met ons hê, verband hou en ons vennoot wees in alle sake.

Geloof is ook baie belangrik vir gebed. Jy kan nie enigiets in gebed bereik sonder geloof nie, veral middernag gebed. Jy moet glo dat God bestaan. Jy moet glo dat Hy alles kan doen. Jy moet glo dat Hy lief is vir jou en bereid is om jou gebede te beantwoord. Jy moet geloof in Sy beloftes en woorde hê. En die Bybel sê dat geloof volg uit die aanhoor van die woord van God. En dit neem ons na die rol van God se woord in doeltreffende gebed.

Woord van God

Vir ons gebede om doeltreffend te wees moet ons God se woorde bid. Om God se woord te bid is om te weet wat God se woorde en beloftes is, en om dit dan as ʼn offergawe aan God te bring. Om dit te doen moet ons Sy woord lees, oordink, en op ons lewe en behoeftes toepas. Die krag en heerlikheid van God kom wanneer ons Sy woorde waardeer en verpersoonlik. Die woord van God is die wil en gedagtes van God. En Hy doen niks buite Sy wil nie:

“Dit is die vrymoedigheid wat ons voor God het, dat wat ons ook al volgens sy wil vra, Hy na ons luister.”

1 Johannes 5:14

Nou, hoe kan ons weet wat Sy wil is? Deur Sy geskrewe woord – die Bybel – en deur Sy geopenbaarde woord – rhema (dit sluit profetiese woorde, visioene, en drome in). Kom ons kyk na ʼn paar voorbeelde in die Bybel van diegene wat die woord van God gebid het en maksimum resultate bereik het.

Josafat het die woord gebid

Toe Juda gekonfronteer was met die gevaar van ʼn dreigende aanval deur vyandige nasies, het koning Josafat die woord van God gebid. Hy het die beloftes van God aan hulle voorvaders gebid en God het vinnig tot hul redding gekom.

“Josafat het opgestaan in die vergadering van die mense van Juda en Jerusalem voor die nuwe voorhof in die tempel van die HERE. Hy het gebid: ‘HERE, God van ons voorouers, is U nie die God wat in die hemel is nie? U is die Heerser oor al die koninkryke op die aarde. U is kragtig en magtig. Niemand kan teen U staande bly nie. Ons God, het U nie die inwoners van hierdie land voor U volk Israel uitgedryf nie? Het U nie die land vir altyd aan die nageslag van U vriend Abraham gegee nie?U volk het hier kom woon en hierdie tempel vir U gebou. Hulle het gesê: ‘As ons bedreig word met rampspoed soos oorlog, siekte of hongersnood, sal ons kom staan in U teenwoordigheid voor hierdie tempel waar U Naam vereer word. Ons sal tot U roep uit ons ellende, en U sal ons hoor en ons verlos.’”

2 Kronieke 20:5-9

Wonderlik! Josafat het die woord van God geken en het dit net eenvoudig vir God teruggegee. Dit is nie dat God Sy woorde en beloftes vergeet het nie. Maar Hy wil altyd hê ons moet ons geloof bevestig in Sy woorde en in Sy wil wandel. Josafat het God aan Sy beloftes aan Abraham en ook aan koning Saloma gedurende die inwyding van die tempel herinner. Kom ons kyk daarna:

Beloftes aan Abraham

“Toe die son ondergegaan het en dit donker was, het Abram ’n rokende oond en ’n brandende fakkel gesien wat tussendeur die halwe karkasse beweeg het. So het die HERE daardie dag ’n verbond met Abram gemaak en gesê: ‘Ek het hierdie land vir jou nageslag gegee, vanaf die Egiptespruit tot by die groot Eufraatrivier. Dit sluit in die land van die Keniete, die Kenissiete, die Kadmoniete, die Hetiete, die Feresiete, die Refaïete, die Amoriete, die Kanaäniete, die Girgasiete en die Jebusiete.’”

Genesis 15:17-21

Beloftes aan Salomo

“So het Salomo die tempel van die HERE, asook die koninklike paleis, voltooi. Hy het alles wat hy beplan het om te doen, suksesvol afgehandel. Een nag het die HERE aan Salomo verskyn en gesê:

“‘Ek het jou gebed verhoor en het hierdie tempel vir Myself gekies as die plek waar daar offers vir My gebring moet word. Soms sal Ek die hemele toesluit sodat daar geen reën val nie, of Ek kan bepaal dat sprinkane julle oeste opvreet, of Ek kan dalk plae onder julle stuur. Wanneer die volk wat My Naam dra, hulle verootmoedig en bid, en My weer soek en hulle afkeer van hulle bose lewens, sal Ek in die hemel hoor en hulle sondes vergewe en hulle land gesond maak. Ek sal ’n oog hou oor hierdie plek en luister na elke gebed wat hier opgestuur word, want Ek het hierdie tempel gekies en dit afgesonder om vir altyd My woning te wees.My oë en My hart sal altyd daar wees.’”

2 Kronieke 7:11-16 (sien ook 1 Konings 9:3)

Josafat het al hierdie beloftes geken en het hulle dadelik vir God teruggegee in die tyd van nood. En omdat God nie Sy woorde kan ontken nie het Hy dadelik gereageer en Juda uit die dreigende gevaar gered. Hy het die stryd oorgeneem, die drie nasies het onder hulself geveg en Israel het oorwin. Prys die Here!

Daniël het die woord gebid

Nog ʼn goeie voorbeeld hiervan is Daniël. Hy het die woord van God geken en gebid vir die verlossing van die kinders van Israel uit Babiloniese ballingskap, en hy het vinnig die aandag van die hemel gekry:

“Dit was in die eerste regeringsjaar van Ahasveros se seun Darius. Hy was ’n Mediër. Hy het oor die Babiloniërs regeer. Tydens die eerste jaar van sy koningskap het ek, Daniël, die Skrifte van wat die HERE vir die profeet Jeremia gesê het, nagegaan oor die tydperk wat Jerusalem vervalle sou lê. Dit sou 70 jaar wees. Ek het toe voor God die HERE gekom en gevas en gebid. Ek het sakke aangetrek en as oor my gestrooi.”

Daniël 9:1-3

Daniël en die kinders van Israel was na Babilon weggevoer in ballingskap. Daar lees Daniël die skrif van Jeremia en verstaan dat dit tyd was vir Israel se ballingskap om te eindig. Dit was veronderstel om net vir 70 jaar aan te hou. Hy het begin om daardie goddelike belofte te bid en het gevolglik gunstige resultate ontvang.

Kom ons kyk na die beloftes wat Daniël gebid het:

“So sê die HERE: ‘ Julle sal 70 jaar lank in Babel wees. Maar as die tyd verstryk het, sal Ek al die goeie beloftes begin vervul. Ek sal julle na julle land toe terugbring. Ek weet wat Ek vir julle beplan het,’ sê die HERE. ‘Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê. Julle sal na My roep en bid, en Ek sal na julle luister. As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind. Julle sal My toeganklik vind,’ sê die HERE. ‘ Ek sal julle uit gevangenskap laat terugkeer. Ek sal julle versamel tussen al die nasies waar julle nou is en uit al die plekke waarheen Ek julle verban het,’ sê die HERE. ‘Ek sal julle weer terugbring na die plekke waarvandaan Ek julle in ballingskap laat gaan het.’”

Jeremia 29:10-14

As jy nie die woord en beloftes van God vir jou lewe ken nie, sal jy te lank in ballingskap bly. Jy moet streef om te weet wat die woord van God oor jou, jou familie, jou land, en die kerk sê. Jy moet weet wat die woord van God oor jou gesondheid, jou finansies, jou kinders, en jou huwelik sê. Bid dan daardie beloftes oor dit as jy die gewenste resultate wil kry.

Jesus het die woord gebid en uitgevoer

Jesus het ook hierdie beginsel verstaan en dit is hoekom Hy gesê het dat Hy niks doen behalwe wat Hy van bo af gewys is om te doen nie. Hy wou altyd hê dat die wil van Sy Vader gedoen moes word. Trouens, op ʼn stadium het Hy gesê dat Hy gegaan het (opgetree het) op grond van wat van Hom geskryf was. Dit beteken dat alles omtrent Hom in die hemel neergeskryf is. Hy moes net die goddelike draaiboek volg. Geen wonder dat Hy altyd die maksimum resultaat van Sy gebede gekry het nie. Wanneer ons God se woord ken en bid sal alles vir ons moontlik word.

Читать дальше
Тёмная тема
Сбросить

Интервал:

Закладка:

Сделать

Похожие книги на «Die Krag Van Middernag Gebed»

Представляем Вашему вниманию похожие книги на «Die Krag Van Middernag Gebed» списком для выбора. Мы отобрали схожую по названию и смыслу литературу в надежде предоставить читателям больше вариантов отыскать новые, интересные, ещё непрочитанные произведения.


Отзывы о книге «Die Krag Van Middernag Gebed»

Обсуждение, отзывы о книге «Die Krag Van Middernag Gebed» и просто собственные мнения читателей. Оставьте ваши комментарии, напишите, что Вы думаете о произведении, его смысле или главных героях. Укажите что конкретно понравилось, а что нет, и почему Вы так считаете.

x