Gabriel Agbo - Die Krag Van Middernag Gebed

Здесь есть возможность читать онлайн «Gabriel Agbo - Die Krag Van Middernag Gebed» — ознакомительный отрывок электронной книги совершенно бесплатно, а после прочтения отрывка купить полную версию. В некоторых случаях можно слушать аудио, скачать через торрент в формате fb2 и присутствует краткое содержание. ISBN: , Жанр: foreign_religion, . Описание произведения, (предисловие) а так же отзывы посетителей доступны на портале библиотеки ЛибКат.

  • Название:
    Die Krag Van Middernag Gebed
  • Автор:
  • Жанр:
  • Год:
    неизвестен
  • ISBN:
    9788893987431
  • Рейтинг книги:
    5 / 5. Голосов: 1
  • Избранное:
    Добавить в избранное
  • Отзывы:
  • Ваша оценка:
    • 100
    • 1
    • 2
    • 3
    • 4
    • 5

Die Krag Van Middernag Gebed: краткое содержание, описание и аннотация

Предлагаем к чтению аннотацию, описание, краткое содержание или предисловие (зависит от того, что написал сам автор книги «Die Krag Van Middernag Gebed»). Если вы не нашли необходимую информацию о книге — напишите в комментариях, мы постараемся отыскать её.

Hierdie boek, ‘Die Krag van Middernag Gebed’, sal beslis een van die omvattendste en kragtigste boeke oor geestelike oorlogvoering wees. Die titel-keuse kom van ʼn rykdom van ervaring, skrikwekkende getuienisse en belydenisse, en ʼn deeglike studie van die woord van God. Dit is inderdaad ʼn baie ryk en goed nagevorste werk. Dit is deur menigte as ʼn ongelooflike boek beskryf. In hierdie boek sal jy leer van die enorme, maar nie ten volle benut, geestelike krag wat in die gebede wat tussen 11:00nm en 3:00vm gebid word lê. Weet jy genoeg van die eksplosiewe mag van lofprysing, gebed en vas? Weet jy watter rolle die engele van God, die Gees van God en die vuur van God in ons oorlog teen die koninkryk van duisternis speel? Jy sal ook lees van die kolossale, vernietigende impak wat die naam en bloed van Jesus in Satan se koninkryk het – direk uit die monde van voormalige okkult meesters. Wat gebeur wanneer Satan en sy demone in kontak kom met die twee kragtigste elemente in die heelal? Hierdie boek, ‘Die Krag van Middernag Gebed’, sal beslis een van die omvattendste en kragtigste boeke oor geestelike oorlogvoering wees. Die titel-keuse kom van ʼn rykdom van ervaring, skrikwekkende getuienisse en belydenisse, en ʼn deeglike studie van die woord van God. Dit is inderdaad ʼn baie ryk en goed nagevorste werk. Dit is deur menigte as ʼn ongelooflike boek beskryf. In hierdie boek sal jy leer van die enorme, maar nie ten volle benut, geestelike krag wat in die gebede wat tussen 11:00nm en 3:00vm gebid word lê. Weet jy genoeg van die eksplosiewe mag van lofprysing, gebed en vas? Weet jy watter rolle die engele van God, die Gees van God en die vuur van God in ons oorlog teen die koninkryk van duisternis speel? Jy sal ook lees van die kolossale, vernietigende impak wat die naam en bloed van Jesus in Satan se koninkryk het – direk uit die monde van voormalige okkult meesters. Wat gebeur wanneer Satan en sy demone in kontak kom met die twee kragtigste elemente in die heelal? Waarom het Satan gedurende ʼn vergadering uit sy stoel uit geval omdat die naam van Jesus genoem was? Weet jy van die vyand se oorlog strategieë teen die kerk, Christene en predikante? Hoe breek hy predikante van die evangelie af of nog erger, hoe vermoor hy hulle soms? Wie is die agente van die donker koninkryk in die kerk? Watter rol moet die gebedstryders speel? Wat is die belang van die koninkryk van Satan in menslike vlees en bloed? Hoekom moet mense geoffer word in die okkult wêreld? Jy sal oor verskeie verhale van voormalige agente van Satan, en selfs van die media, lees oor die opoffering van mense en ander skrikwekkende gebruike wat nie gepubliseer mag word nie. Waarom sal ʼn vrou die oë van ʼn kruipende baba verwyder, haar slag, met die baba se gehuil en gekreun in haar ore, en dan die baba eet? Wat doen die okkult met seks? Kan bose geeste, verbonde en vloeke deur seks oorgedra word? Waarom sal ʼn man met ʼn klein seuntjie slaap en hom forseer om ʼn slang te eet, net om mag, rykdom en posisie te bekom? Jy sal ook lees oor ander eksplosiewe onderwerpe soos worsteling met God, binding en losmaking, breek van die poorte, oop deure, die volle wapenrusting van God, en die poorte van die hemel en hel. Die 21 kragtige hoofstukke van hierdie boek sal jou sekerlik aan die brand steek vir God. Ek is seker dat jy nog nooit vantevore so iets gelees het nie.

Die Krag Van Middernag Gebed — читать онлайн ознакомительный отрывок

Ниже представлен текст книги, разбитый по страницам. Система сохранения места последней прочитанной страницы, позволяет с удобством читать онлайн бесплатно книгу «Die Krag Van Middernag Gebed», без необходимости каждый раз заново искать на чём Вы остановились. Поставьте закладку, и сможете в любой момент перейти на страницу, на которой закончили чтение.

Тёмная тема
Сбросить

Интервал:

Закладка:

Сделать

Wat was die resultaat? Die krag van God het in die kerk ingekom. Die kettings en jukke van Satan was van die plek afgebreek. Die magte van duisternis was weggejaag, maar nie sonder heftige weerstand nie. Maar God het oorwin. Wonderwerke, tekens, wondere, en kragtige verlossings het begin plaasvind in daardie plek.

Gevolglik het die lidmaatskap vinnig begin groei. Die eens dooie kerk het herlewing beleef. Die gebou was voltooi en die lede het geweldige voorspoed ervaar. Die lede was ook meer toegewy aan God. Dit is wat middernag gebede kan doen. Trouens, ons het dieselfde programme by ander kerke toegepas en het dieselfde resultate gekry. Die heerlikheid, krag, en seëninge van God sal kom wanneer die kerk leer hoe om die krag van middernag gebede te ontgin.

Kom ons gaan terug na Paulus en Silas toe. Hulle was vreeslik geslaan en in daardie gevreesde ondergrondse sel gegooi. Die Bybel sê dat omstreeks middernag het hulle begin om te bid en tot eer van God te sing. Dit was ongewoon! Mense wat erg geslaan was met houtstokke het besluit om liedere en lof te sing, in plaas daarvan om hul wonde en pyn te koester. Wanneer ons God op ʼn ongewone manier dien, in ʼn ongewone omgewing, sal Hy begin om ongewone dinge te doen ter wille van ons.Dit is waar!

Ek glo dat dit slegs iemand wie met die Heilige Gees gevul is en wie heeltemal uitverkoop aan God is wat in so ʼn ondraaglike, vernederende, hartverskeurende, en uiterste situasie vir God kan sing en loof.

Wat doen jy wanneer die vyand jou aanval? Huil jy en blameer almal, God ingesluit? Of kniel jy voor die vyand en kyk vir ʼn manier om te ontsnap; selfs al beteken dit om jou geloof te ontken? Ons moet vir God vra om ons ʼn gees van moed en geloof te gee, selfs in die aangesig van lewensgevaarlike situasies. Die Bybel sê dat God nie vir ons ʼn gees van lafhartigheid gegee het nie, maar van krag.

My volgende vraag is dan, waarom sou hierdie manne van God tot middernag wag om te doen wat hulle gedoen het? Ek glo hulle moes iets geweet het oor die krag van middernag gebede. Hulle moes geweet het dat die beste tyd om die groot gevegte van die lewe te veg om middernag is en dit is ook moontlik dat hulle dit voorheen ervaar het. Alles gesê en gedaan, die apostels het darem gehou by wat hulle by hul Meester, Jesus, geleer het. Hy was ook bedrywig in die middernag ure.

Die twee manne het gesing en gebid. En dit is die twee belangrikste ondernemings tydens middernag gevegte. Ons sal hulle een vir een ondersoek. Die eerste een is gebed.

Hoofstuk 4

Gebed

Gebed is om met God te kommunikeer. Dit is om jou versoeke aan God bekend te maak en om antwoorde van Hom te ontvang. Dit is ʼn twee-rigting kommunikasie tussen mens en God. God moedig ons in verskeie plekke in die Bybel aan om gemeenskap met Hom te hê of tot Hom te bid. Trouens, die woord van God sê dat ons nie ontvang het nie, want ons het nie gevra nie. Jesus self het gesê:

“En so sê Ek vir julle, hou aan vra, en vir julle sal gegee word wat julle vra. Hou aan soek, en julle sal vind. Hou aan klop, en die deur sal oopgemaak word. Want enigeen wat vra, ontvang. Enigeen wat soek, vind. En die deur word oopgemaak vir enigeen wat klop.”

Lukas 11:9-10

En dit is presies wat ons doen in middernag gebede. Dit is ʼn tyd om gemeenskap te hê, verband te hou, en met God te kommunikeer. Dit is ʼn tyd om te vra, soek, klop, en ons versoeke aan Hom bekend te maak. Ek sien middernag gebed as ʼn tyd om driftig en gewelddadig aan die deure van die hemel te klop. En ons sien hier bo waar Jesus sê dat die deur vir jou oopgemaak sal word wanneer jy klop. Dus, as jy al gevra en gesoek het, en jy het nog steeds nie jou deurbraak ontvang nie, moet jy nou begin klop.

Ons laat die wil van God op die aarde geskied wanneer ons bid. Ons breek die jukke, kettings, en slawerny in ons lewe en rondom ons deur gebede. Ons staan in die gaping vir ander deur gebed. En ons trek siele in die koninkryk van God in deur gebed. Ons moet in middernag gebede intree met al hierdie in gedagte. Deur te bid erken ons dat ons, as mense, beperk is, maar God bly oneindig en almagtig. Hy kan alles doen.

Abraham Lincoln, die voormalige Amerikaanse president het dit baie goed verstaan toe hy gesê het:

“Ek word dikwels na my knieë toe gedryf deur die oorweldigende oortuiging dat ek nêrens anders het om heen te gaan nie.”(Losweg vertaal)

Dit is so waar! Hy het geweet dat hy net by God hulp kon vind in ʼn tyd van nood. Dank die Here vir sulke mense. Amerika is geseënd dat hulle sulke goddelike mans as leiers gehad het. Dit is die mense wat die stewige fondament gelê het vir die mees welvarende en magtigste nasie vandag. Ek bid dat hulle hierdie fondament behou. (Lees my onlangse artikel, In God We Trust? (Vertrou Ons Op God?), op www.ezinearticles.com/gabrielagbo)

Daar is talle wonderlike mans en vroue in die Bybel wie van God se verlossing geweet het, dit gesoek en ontvang het in hul tyd van nood deur gebed. Kyk net na Samuel, Josafat, Ester, Dawid, Moses, Josua, Elia, en Daniël. Maar kom ons fokus op ʼn paar van die kragtigste mense. In 1 Samuel 12:16-18 sê die Bybel:

Samuel

“‘Staan ’n bietjie stil en aanskou die groot ding wat die HERE gaan laat gebeur. Julle weet dit reën nie hierdie tyd van die jaar wanneer die koring geoes word nie. Ek sal die HERE vra om vandag donderweer en reën te stuur.Dan sal julle besef dat julle gesondig het deur vir die HERE ’n koning te vra!’ Toe roep Samuel die HERE aan en die HERE het donderweer en reën gestuur. Almal was met ontsag gevul vir die HERE en vir Samuel.”

Josafat en Juda in gevaar

“Hierna het die Moabiete, Ammoniete en sommige van die Meüniete oorlog teen Josafat verklaar. Boodskappers het gekom en vir Josafat vertel: ‘’n Groot leër van Edom trek op teen u van anderkant die Dooie See. Hulle is alreeds by Gaseson-Tamar, dit is En-Gedi.’ Josafat was baie ontsteld oor hierdie nuus en het vir die HERE raad gevra.Hy het ook beveel dat elkeen in Juda moet vas. Die mense het van al die dorpe in Juda na Jerusalem toe gekom om die HERE se hulp te soek.”

2 Kronieke 20:1-4

Ester

“Ester het hom geantwoord: ‘Gaan maak al die Jode wat jy in Susan kan kry bymekaar. Vas ter wille van my. Vir drie dae lank moet julle dag en nag niks eet of drink nie. Ek en my diensmeisies sal net so vas. Al is dit in stryd met die voorskrif sal ek na die koning toe gaan. As ek dan daarvoor moet sterf, moet ek maar sterf.’”

Ester 4:15-16

Josua

“Op die dag dat die HERE vir Israel oorwinning gegee het oor die Amoriete, het Josua die HERE om hulp gevra. Voor almal het hy by die HERE gebid: ‘Laat die son tog stilstaan bo Gibeon. Laat die maan stilstaan oor die Ajalonlaagte!’Die son het gaan stilstaan. Die maan het net daar bly hang totdat Israel sy vyande uitgewis het. Dit is soos dit opgeteken staan in Die boek van die Opregte. Die son het halfpad in die lug vasgesteek. Hy was nie haastig om op sy gewone tyd onder te gaan nie. So ’n dag was daar nog nooit voorheen en nooit daarna nie. Die HERE het geluister na wat ’n mens vir Hom vra!

Josua 10:12-14

Al hierdie mense het iets in gemeen gehad. Hulle het geweet watter krag gebed dra, en hulle het dit gesoek ten tyde van uiterste moeilikheid en God het hulle gebede verhoor. Hulle het die verloop van die natuur verander, die son en die maan gestop, reën afgeroep in droë seisoene, die bekke van leeus toegemaak, hulle vyande versteur, en dood ontsnap deur gebede. Mense soos Henog en Elia het feitlik geweier om te sterf. My God!

Читать дальше
Тёмная тема
Сбросить

Интервал:

Закладка:

Сделать

Похожие книги на «Die Krag Van Middernag Gebed»

Представляем Вашему вниманию похожие книги на «Die Krag Van Middernag Gebed» списком для выбора. Мы отобрали схожую по названию и смыслу литературу в надежде предоставить читателям больше вариантов отыскать новые, интересные, ещё непрочитанные произведения.


Отзывы о книге «Die Krag Van Middernag Gebed»

Обсуждение, отзывы о книге «Die Krag Van Middernag Gebed» и просто собственные мнения читателей. Оставьте ваши комментарии, напишите, что Вы думаете о произведении, его смысле или главных героях. Укажите что конкретно понравилось, а что нет, и почему Вы так считаете.

x