Jakob
“ Gedurende die naghet Jakob opgestaan en sy twee vroue, twee slavinvroue en elf seuns geneem en hulle deur die Jabbokdrif gestuur. Nadat hy hulle na die oorkant toe laat gaan het, stuur hy ook al sy besittings deur. Hy het daar alleen agtergebly. ’n Man het gekom en met hom gestoei tot dagbreek toe. Toe die man sien dat hy hom nie kom onderkry nie het hy Jakob op sy heup geslaan sodat dit uit die potjie spring. Toe sê die man: ‘Los my nou, die dag begin al breek.’ Uitasem sê Jakob: ‘Ek sal jou net laat gaan as jy my seën.’ ‘Wat is jou naam?’ vra die man. Hy antwoord: ‘Jakob.’ ‘Jou naam sal nie meer Jakob wees nie,’ sê die man vir hom. ‘Van nou af is dit Israel, want jy het met God en mens geworstel en nie kopgegee nie.’
“‘Wat is jóú naam dan?’ vra Jakob hom. ‘Hoekom vra jy wat my naam is?’ antwoord die man. Toe seën hy Jakob net daar. Jakob het die plek Pniël genoem, want hy het gesê: ‘Ek het God in die gesig gekyk. Tog is my lewe gespaar.’ Die son was besig om op te kom net toe hy van Pniël af weggaan. Van toe af het hy gehink as gevolg van sy heup.
Genesis 32:22-31
Ons wil sien hoe Jakob sy middernag benut het om sy ongunstige situasie te verander. Jy weet seker reeds dat baie min mense in die Bybel dieselfde vlak van goddelike genade as Jakob ervaar het. God het hom in so ʼn mate geseën dat sy kinders, vroue en ander besittings in groepe en kampe beweeg het. En teen dié tyd het hy Paddan-Aram (Laban se huis) verlaat om na Kanaän te gaan volgens God se instruksie.
Toe hulle by ʼn plek kom wat Jakob Maganajim genoem het (God se Kamp), het hy boodskappers na sy broer Esau gestuur om hom in te lig dat hy op pad huis toe was. Maar sy broer se reaksie was vreesaanjaend. Die boodskappers het teruggekom en hom vertel dat Esau kom om hom te ontmoet met ʼn elite-groep van 400. Jakob was onmiddellik verward. Hy het met paniek probeer dink wat om te doen. Toe het hy gebid en het geskenke aan sy ontstoke broer gestuur om hom te paai.
Ons moet onthou dat Jakob Esau se geboortereg en seëninge weggeneem het op ʼn bedenklike wyse. Dit was nou Esau se geleentheid om hom terug te betaal. En ook, na Jakob gevlug het, het Esau homself beskou as die enigste erfgenaam van hulle vader se besittings. Hy kon ook gedink het dat Jakob terug gekom het om hom van hul vader se groot boedel te verplaas of om ten minste vir sy eie aandeel te vra.
Jakob het geweet dat die bogenoemde ʼn moontlikheid was en daarom het hy vir die boodskappers gesê om vir Esau te vertel dat hy nie huis toe gekom het om vir sy erfenis te baklei nie, want God het hom reeds geseën met beeste, esels, kleinvee, slawe, en vrou-dienaars.
Jakob en sy familie het by die Jabbokrivier aangekom, en soos die nag gekom het, het hy sy gesin oor die drif van die rivier gestuur, terwyl hy alleen agter gebly het. Hy het besluit om die nag in gebed deur te bring en hy het verlang om alleen met God te wees. Dit was ʼn eensame, geïsoleerde, en onbeskermde plek. Jakob het in nood op die aarde neergebuig. Dit was middernag. Die realiteit van Esau se bedreiging teen hom, sy kinders en vroue het in hom geroer. Hy het geween, gehuil, en het God herinner aan al Sy beloftes aan hom.
En ewe skielik was daar ʼn sterk hand op sy skouer. Hy het gedink dit is ʼn vyand wat sy lewe wou neem en hy het probeer om homself uit die greep van sy aanvaller te kry. Die twee het in die duisternis geworstel. Daar was nie ʼn woord gespreek nie, maar Jakob het al sy krag bymekaar geskraap en het nie sy pogings vir ʼn oomblik ontspan nie. Hy het vir sy lewe baklei.
Dit is presies waaroor middernag gebed gaan. Dit gaan oor die stryd vir jou lewe en bestemming. Wanneer jy lewensgevaarlike situasies in die gesig gestaar, wanneer jy omstandighede wat jou bestemming bedreig in die gesig gestaar, is die beste plek om hulle op te los die middernag terrein. Om middernag stoei jy met God, met die mens, en met geeste. En wanneer ʼn mens vir hul lewe veg het jy nie regtig nodig om vir hul te sê om dapper te wees nie. Hulle sal teen die situasie veg tot en met hul laaste asem. Daar is vandag probleme in jou lewe wat ek glo net uitmekaar gehaal kan word deur middernag gebede. En jy moet teen daardie probleme veg asof dit jou laaste geveg is.
Jakob het vir die wese met wie hy geworstel het gesê dat hy (Jakob) hom nie sou laat gaan, tensy hy hom geseën het nie. Dit moet ook ons gesindheid wees elke keer as ons bid. Ons moet bid met kanniedood mentaliteit. Jakob het volgehou en die oorhand gekry. Hy het geweier om op te gee totdat hy geseën was. Alhoewel dit soms lyk asof die situasie moeiliker of taaier word terwyl ons bid, moet jy aanhou totdat jy die oorwinning kry. Hou altyd in gedagte dat ʼn seëvierende einde gewaarborg is.
Jakob het daardie plek as ʼn veranderde man verlaat. Hy het ʼn ewige naam ontvang – Israel. Al sy vrese was afgehandel en God het ook voor hom uitgegaan om Esau se hart te versag. Sy vrese het oornag in moed verander. Hy het voortgegaan om sy broer en sy elite-groep te ontmoet. Teen hierdie tyd het God hulle in sy vriende verander. Trouens, die Bybel sê dat soos Jakob die worstel plek verlaat het – Pniël – was die son besig om op te kom(Genesis 32:31). Die son sal ook vandag vir jou opkom, in die naam van Jesus! Daar is niks wat jy nie deur middel van middernag gebede kan bereik nie. Begin vandag en getuienisse sal agter jou begin aanhardloop. Kom ons kyk kortliks na wat een van die wonderlikste leraars van ons tyd oor middernag gebed sê voordat ons aangaan:
Kenneth E. Hagin oor Middernag Gebed
“Eerstens, laat ek verduidelik dat ek meeste van my bid werk in die aand doen. Ek is al vir die meeste van my lewe ʼn aand persoon. Ek is nou ouer en het effens verander, maar ek was nog altyd meer waaksaam gewees teen MIDDERNAGas op enige ander tyd van die dag. Dit is ook waarom ek altyd my studeer werk in die aand gedoen het. Ek het al baie keer regdeur die aand gestudeer en gelees.
“Ek het in die gewoonte gekom om gedurende die aand te bid toe ek bedlêend was in 1933 en 1934. Ek kon nie op enige ander manier bid behalwe in die bed nie, want ek was bedlêend – gekoppel aan daardie bed. Ek kon nie opstaan en loop nie. Ek onthou een spesifieke aand, ek het die hele aand gebid. Ek het glad nie geslaap nie; ek het net gebid. Daar is baie aande wat ek byna die hele aand lank bid. Daar is ook baie aande waar ek vir ʼn uur of twee sou bid voordat ek gaan slaap het.
“Ek het altyd uitgesien na aande wanneer almal in die bed was en dinge stil geraak het, sodat ek kon bid… Ek het in die gewoonte gekom om in die aand te bid wanneer ek alleen kon wees, en ek dink ek het dit net aanhou doen deur die jare. Baie kere het God in die aand met my gepraat.”
Kenneth E. Hagin is die stigter van Kenneth Hagin Ministries en RHEMA Bible Church , Tulsa, Oklahoma, VSA.
– (Uittreksel is uit sy boek Plans, Purposes & Pursuits , bladsy 2, geneem en losweg vertaal).
Die meeste suksesvolle leraars wie al ooit ʼn onuitwisbare merk vir die koninkryk van God gemaak het, het dieselfde ervaring en stories om te vertel. Maar ons kan hulle nie almal hier noem nie. Kom ons gaan oor na die volgende hoofstuk.
Die meeste mense wat die krag van middernag gebed ontgin is diegene wat desperaat vir God se ingryping in hul situasies is. Hulle het ʼn plek bereik waar dit vir hulle verby sal wees as God niks aan hul omstandighede doen nie. Hulle kom by ʼn kruispad aan. Voordat jy die gemak van jou bed sal verlaat en jouself ontneem van ʼn goeie nagrus om te huil en vir God te vra om by jou situasie in te gryp, dan sou jy ʼn plek van wanhoop in jou lewe bereik het. Soms laat God toe dat ons by so ʼn plek uitkom, sodat ons ons perke kan sien en om, terselfdertyd, Sy vermoë om te red en herstel te waardeer.
Читать дальше