Gabriel Agbo - Die Krag Van Middernag Gebed

Здесь есть возможность читать онлайн «Gabriel Agbo - Die Krag Van Middernag Gebed» — ознакомительный отрывок электронной книги совершенно бесплатно, а после прочтения отрывка купить полную версию. В некоторых случаях можно слушать аудио, скачать через торрент в формате fb2 и присутствует краткое содержание. ISBN: , Жанр: foreign_religion, . Описание произведения, (предисловие) а так же отзывы посетителей доступны на портале библиотеки ЛибКат.

  • Название:
    Die Krag Van Middernag Gebed
  • Автор:
  • Жанр:
  • Год:
    неизвестен
  • ISBN:
    9788893987431
  • Рейтинг книги:
    5 / 5. Голосов: 1
  • Избранное:
    Добавить в избранное
  • Отзывы:
  • Ваша оценка:
    • 100
    • 1
    • 2
    • 3
    • 4
    • 5

Die Krag Van Middernag Gebed: краткое содержание, описание и аннотация

Предлагаем к чтению аннотацию, описание, краткое содержание или предисловие (зависит от того, что написал сам автор книги «Die Krag Van Middernag Gebed»). Если вы не нашли необходимую информацию о книге — напишите в комментариях, мы постараемся отыскать её.

Hierdie boek, ‘Die Krag van Middernag Gebed’, sal beslis een van die omvattendste en kragtigste boeke oor geestelike oorlogvoering wees. Die titel-keuse kom van ʼn rykdom van ervaring, skrikwekkende getuienisse en belydenisse, en ʼn deeglike studie van die woord van God. Dit is inderdaad ʼn baie ryk en goed nagevorste werk. Dit is deur menigte as ʼn ongelooflike boek beskryf. In hierdie boek sal jy leer van die enorme, maar nie ten volle benut, geestelike krag wat in die gebede wat tussen 11:00nm en 3:00vm gebid word lê. Weet jy genoeg van die eksplosiewe mag van lofprysing, gebed en vas? Weet jy watter rolle die engele van God, die Gees van God en die vuur van God in ons oorlog teen die koninkryk van duisternis speel? Jy sal ook lees van die kolossale, vernietigende impak wat die naam en bloed van Jesus in Satan se koninkryk het – direk uit die monde van voormalige okkult meesters. Wat gebeur wanneer Satan en sy demone in kontak kom met die twee kragtigste elemente in die heelal? Hierdie boek, ‘Die Krag van Middernag Gebed’, sal beslis een van die omvattendste en kragtigste boeke oor geestelike oorlogvoering wees. Die titel-keuse kom van ʼn rykdom van ervaring, skrikwekkende getuienisse en belydenisse, en ʼn deeglike studie van die woord van God. Dit is inderdaad ʼn baie ryk en goed nagevorste werk. Dit is deur menigte as ʼn ongelooflike boek beskryf. In hierdie boek sal jy leer van die enorme, maar nie ten volle benut, geestelike krag wat in die gebede wat tussen 11:00nm en 3:00vm gebid word lê. Weet jy genoeg van die eksplosiewe mag van lofprysing, gebed en vas? Weet jy watter rolle die engele van God, die Gees van God en die vuur van God in ons oorlog teen die koninkryk van duisternis speel? Jy sal ook lees van die kolossale, vernietigende impak wat die naam en bloed van Jesus in Satan se koninkryk het – direk uit die monde van voormalige okkult meesters. Wat gebeur wanneer Satan en sy demone in kontak kom met die twee kragtigste elemente in die heelal? Waarom het Satan gedurende ʼn vergadering uit sy stoel uit geval omdat die naam van Jesus genoem was? Weet jy van die vyand se oorlog strategieë teen die kerk, Christene en predikante? Hoe breek hy predikante van die evangelie af of nog erger, hoe vermoor hy hulle soms? Wie is die agente van die donker koninkryk in die kerk? Watter rol moet die gebedstryders speel? Wat is die belang van die koninkryk van Satan in menslike vlees en bloed? Hoekom moet mense geoffer word in die okkult wêreld? Jy sal oor verskeie verhale van voormalige agente van Satan, en selfs van die media, lees oor die opoffering van mense en ander skrikwekkende gebruike wat nie gepubliseer mag word nie. Waarom sal ʼn vrou die oë van ʼn kruipende baba verwyder, haar slag, met die baba se gehuil en gekreun in haar ore, en dan die baba eet? Wat doen die okkult met seks? Kan bose geeste, verbonde en vloeke deur seks oorgedra word? Waarom sal ʼn man met ʼn klein seuntjie slaap en hom forseer om ʼn slang te eet, net om mag, rykdom en posisie te bekom? Jy sal ook lees oor ander eksplosiewe onderwerpe soos worsteling met God, binding en losmaking, breek van die poorte, oop deure, die volle wapenrusting van God, en die poorte van die hemel en hel. Die 21 kragtige hoofstukke van hierdie boek sal jou sekerlik aan die brand steek vir God. Ek is seker dat jy nog nooit vantevore so iets gelees het nie.

Die Krag Van Middernag Gebed — читать онлайн ознакомительный отрывок

Ниже представлен текст книги, разбитый по страницам. Система сохранения места последней прочитанной страницы, позволяет с удобством читать онлайн бесплатно книгу «Die Krag Van Middernag Gebed», без необходимости каждый раз заново искать на чём Вы остановились. Поставьте закладку, и сможете в любой момент перейти на страницу, на которой закончили чтение.

Тёмная тема
Сбросить

Интервал:

Закладка:

Сделать

Ek moes die hele storie deel sodat jy kan verstaan wat ek probeer sê. Hierdie was die nag toe Jesus Sy naaste volgelinge na ʼn olyftuin geneem het om middernag oorlog te voer. Dit was inderdaad ʼn moeilike aand gewees. Hy moes besluit of Hy die reddingsplan sou deurvoer of net los. Wat Hy sou moes deurmaak van die aand in Getsemane tot en met Paassondag het deur Sy kop gewoel. Hy sou deur ʼn gruwelike ervaring moes gaan – die Jode se vyandigheid, die dissipels se verraad, ontkenning en verwerping. Hy sou die volgende moes verduur: 39 sweepslae, die doringkroon, die spies deur Sy sy, die bespotting, die skerp naels en uiteindelik die graf.

Die werklikheid van al hierdie swaarkry het Hom daardie aand getref en Hy het besluit om wakker te bly en deur die nag te veg. Hy het geweet dit gaan ʼn middernag geveg wees en toe Hy klaar was het Hy onmiddellik vir Sy dissipels gesê, “Staan op, ons moet gaan”. Hy het geweet dat Hy die geveg in die gees gewen het en Hy was bereid om die fisiese uitdagings aan te durf. Dit is presies wat gebeur met ʼn middernag gebedstryder. Hulle is altyd vreesloos en reg om enige situasie in die dag aan te pak. Jy sal altyd moedig en vol vertroue wees dat elke omstandigheid vir jou guns sal saamwerk.

Ek stel voor dat jy die film ‘ The Passion of The Christ ’ deur Mel Gibson kyk (as jy nog nie het nie) om hierdie boodskap beter te verstaan. Jy sal visueel kan sien wat tussen Jesus en die duiwel by Getsemane gebeur het. Satan het byna die oorhand oor Jesus behou om die idee van die kruis te laat gaan. Maar Jesus het hom weerstaan en het gevolglik die stryd gewen. Die stryd is inderdaad in die middernag ure. Begin vandag om te veg.

Israel

Kom ons kyk nou na die rol wat middernag in die bevryding van die kinders van Israel uit Egipte gespeel het. As gevolg van die hardkoppigheid van Farao om die kinders van God te bevry om na die Beloofde Land te gaan, het God besluit om die land met verskillende plae te tref. Moses en Aäron het tekens en wonders gedoen, en het plae op die land van Egipte vrygestel, maar Farao het geweier om Israel te bevry. Daar was plae van paddas, die verandering van die water van die Nyl in bloed, vlieë, muskiete, beeste pes, swere, hael, sprinkane en duisternis. Maar al hierdie plae kon nie Farao se hart verander nie. Hy het nogal met hoogmoedigheid vir Aäron gevra, “Wie is hierdie ‘Here’ nogal dat ek na hom moet luister om Israel te laat gaan? Ek ken nie ʼn ‘Here’ nie. Ek sal Israel ook nie toelaat om te gaan nie. En let wel, ek wil julle mense (Moses en Aäron) nie weer in my paleis sien nie. Die dag wat julle weer hier in kom, sal ek julle doodmaak. Verstaan jy Moses?” En Moses het gesê: “Goed so. Ek sal jou nooit weer sien nie.” En hulle het vertrek. (Eksodus 10)

Daarna het God vir Moses gesê dat Hy net nog een ramp oor Farao en Egipte sou stuur en daarna sou Farao die kinders van Israel smeek om Egipte te verlaat. God het vir Moses gesê dat Hy ʼn ordonnansie, Paasfees,om hulle ontwil sou instel. En dit sou in die naggedoen word. Hy het gesê dat nadat hulle die ordonnansie verrig het dat Hy (God) deur die land van Egipte sou beweeg en elke eersgeborene, van mens en dier, sou doodmaak, terwyl Hy ʼn vonnis teen al hulle gode sou uitvoer. En dit is presies wat God vir jou sal doen in die middernag ure. Hy sal jou vyande en hul gode oordeel. Hy is gereed om ʼn nuwe ‘ordonnansie’ in te stel om julle ontwil, indien die behoefte ontstaan. Ja, kragtige en bevrydende ordonnansies word die beste by middernag altare ingestel!

My belangstelling hier is by die feit dat God Sy laaste troefkaart teen Farao uitgebring het om hom te forseer om Israel uit Egipte te bevry, en dat Hy verkies het om dit in die middernag ure te doen. Hy het spesifiek vir hulle gesê om die offer in die nag te maak en ook om gereed te wees om die land daardie nag te verlaat. En waarlik, Hy het om middernag gekom.

“ Teen middernaghet die Here al die Egiptiese seuns wat eerste gebore is, laat sterf, vanaf die Farao wat oor die land regeer se oudste seun tot by die oudste seun van die gevangene wat in die tronk sit. Selfs die vee wat eerste gebore is, het gevrek. Die Farao, sy amptenare en al die mense van Egipte het in die nag wakker geword en opgestaan. Deur die hele Egipte kon gehoor word hoe mense droewig huil. Daar was nie ’n enkele huis waarin daar nie iemand dood is nie.”

Eksodus 12:29-30

Ja, God het die trots en krag van Egipte getref – hulle eersgebore seuns in die middernag ure. Jy kan net die oproer oor die hele land indink. Beide mens en dier se weeklag! Ons God is inderdaad kragtig!

Voor ons voortgaan met wat daardie Paasnag gebeur het is daar iets waarop ek wil hê ons moet let. Die plaag van die dood van die eersgeborenes van Egipte, in teenstelling met die ander plae, was buitengewoon en vreemd vir die Egiptenare. Hulle het op een of ander manier die ander nege plae wat vroeër gekom het gesien, maar die laaste een (die dood van al die eersgeborenes) was nie aan hulle bekend nie.

Plae was nie ongewone verskynsels vir die Egiptenare nie. Dit was deel van hul plaaslike kleur. Die water van die Nyl wat in bloed verander was en die paddas wat die land oordek het was nie heeltemal vreemd nie. Vlieë, muskiete, beeste pes, swere, hael, sprinkane en duisternis was nie iets nuut nie. Hierdie dinge wat die Bybel beskryf word steeds deur die Egiptenare ervaar. Byvoorbeeld, die ‘Rooi Nyl’ is ʼn gebeurtenis waar deposito’s van die Abessiniese Meer dikwels die vloedwater na ʼn donker rooibruin verkleur, veral in die boonste dele van die Nyl. Dit mag dalk soos ‘bloed’ lyk.

Ten tyde van die vloede, kan paddas en vlieë soms so vinnig vermenigvuldig dat hulle gereelde plae in die land word. Egipte het ook luise of vlieë wat by honde voorkom. Hierdie insekte val dikwels hele gebiede in swerms aan en val die oë, neus en ore aan, en hul steke kan baie pynlik wees. Beeste pes is regoor die wêreld bekend. Die plaag van sere is ook bekend as die ‘Nyl hart’ of ‘Nyl-jeuk’. Dit is ʼn irriterende en branderige uitslag wat dikwels in maagsere ontaard. Moses het ook hierdie verskriklike uitslag as ʼn dreigement van straf teen die Israeliete gebruik tydens hulle tyd in die woestyn.

Dieselfde kan oor die haelstorms en duisternis gesê word. Slegs die dood van die eersgeborenes was ʼn plaag sonder gelyke. Dit was ontwerp om die laaste strooi te wees wat die kameel se rug sou breek. En Farao, soos verwag, het onmiddellik geswig.

Kom ons gaan nou terug na die Paasnag toe. God het vir die Israeliete gesê dat wat hulle daardie aand gedoen het ʼn ordonnansie vir die res van hul lewens sou word. Hulle moes dit elke jaar doen en ook vir hul kinders aangee. Dit is presies hoe ek middernag gebede sien. Raadsbesluite wat gedurende middernag gebed gemaak word is altyd baie sterk en hulle bring dikwels goeie resultate.

In die meeste gevalle bring hulle ook deurbraak en seëninge wat oor generasies strek; wat jou sal oorleef. En ons moet ook hierdie praktyk vir ons toekomstige geslagte aanleer. Dit is ook in die middernag ure dat die meeste van die sataniese verordeninge teen ons, ons families, dorpe, kerke ens. Gestel word, soos ons vroeër genoem het. So, wanneer ons in die middernag bid, vernietig ons sulke sataniese verordeninge en skep vars en gunstige verordeninge wat namens ons sal praat vir die res van ons lewens.

Die Paasnag middernag het die kettings van slawerny van die Israeliete af gebreek. Dit het hulle vyande en hul gode verslaan en het ook vir hulle ʼn ongelooflike rykdom gegee. Trouens, die Bybel sê in Eksodus 12:36, “Israel het Egipte behoorlik geplunder.” Dit is presies wat met jou gebeur wanneer jy by middernag gebede betrokke raak. Begin vandag en jy sal magtige verlossing oor jou pad sien kom.

Читать дальше
Тёмная тема
Сбросить

Интервал:

Закладка:

Сделать

Похожие книги на «Die Krag Van Middernag Gebed»

Представляем Вашему вниманию похожие книги на «Die Krag Van Middernag Gebed» списком для выбора. Мы отобрали схожую по названию и смыслу литературу в надежде предоставить читателям больше вариантов отыскать новые, интересные, ещё непрочитанные произведения.


Отзывы о книге «Die Krag Van Middernag Gebed»

Обсуждение, отзывы о книге «Die Krag Van Middernag Gebed» и просто собственные мнения читателей. Оставьте ваши комментарии, напишите, что Вы думаете о произведении, его смысле или главных героях. Укажите что конкретно понравилось, а что нет, и почему Вы так считаете.

x